Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Nuutverkose Mabuyane seker hy sal hofsaak wen
Oscar Mabuyane Foto: Argief

Die uitspraak in die aansoek om die ANC se Oos-Kaapse verkiesingskonferensie stop te sit, is ’n slegs ’n akademiese oefening omdat die konferensie voltooi is.

Só het die ANC se nuwe provinsiale voorsitter, Oscar Mabuyane, Sondagaand by sy eerste nuuskonferensie gesê, berig News24.

Mabuyane het vol selfvertroue voorgekom dat sy party die hofsaak sal wen.

Mvuzo Notyesi, ’n prokureur, het die Oos-Kaapse hooggeregshof in Oos-Londen Sondag genader om die konferensie verrigtinge stop te sit.

“Ons sal more om 09:30 die uitspraak verwag. Dit is net ’n akademiese oefening omdat ’n mens nie ’n konferensie kon stopsit wat reeds voltooi is nie,” sê Mabuyane.

Volgens hom het die nuwe leierskap reeds met hul regspan vergader wat hulle verseker het hulle sal die hofsaak wen.

Meer oor:  Verkiesing  |  Anc  |  Oos-Kaap  |  Oscar Mabuyane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.