Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Nuwe adjunk vir OB dalk voor jaareinde aangestel

Suid-Afrika kan voor einde vanjaar ’n nuwe adjunk- openbare beskermer (OB) hê as adv. Kevin Malunga, huidige adjunk-OB, nie vir ’n tweede termyn aangestel word nie.

Adv. Busisiwe Mkhwebane. Foto: Daily Sun

Sy termyn van sewe jaar verstryk op 9 Desember.

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het pres. Cyril Ramaphosa op 12 Junie in ’n brief ingelig dat Malunga se termyn in Desember ten einde loop. Ook oor die aanvang van die proses om die komende vakante pos te vul ingevolge die Wet op die Openbare Beskermer.

Die kwessie is na die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie verwys vir oorweging.

Die komitee het dus vier maande om die proses af te handel. Dit sluit onderhoude met kandidate in. Die komitee moet ná afhandeling van die onderhoude ’n kandidaat aanbeveel vir die pos wat deur ’n meerderheid in die NV goedgekeur moet word.

Die suksesvolle kandidaat word op aanbeveling van die NV deur die president aangestel.

Die Wet op die Openbare Beskermer maak voorsiening vir twee termyne vir die adjunk-OB.

Malunga het op 29 Julie in ’n onderhoud aan ENCA gesê meer konsultasie is nodig in die kantoor van die OB; hy het byvoorbeeld “niks geweet” van adv. Busisiwe Mkhwebane, OB, se Absa/Bankorp-verslag nie. Dit was kort nadat die konstitusionele hof Mkhwebane se appèl teen ’n strafkostebevel van die hand gewys en saam met die hooggeregshof in Pretoria gestem dat sy persoonlik aanspreeklik is vir 15% van die Absa/Ciex/Reserwebank-geding se regskoste.

Bulelani Magwanishe, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie, het Woensdag gesê die parlementêre reses kom Maandag ten einde. LP’s keer dus volgende week terug na die parlement.

“Ons sal die kwessie dan bespreek. Ons sal weer na ons program kyk om dit te akkommodeer. Dit behoort afgehandel te wees teen die tyd dat ons in Desember met reses gaan,” het hy gesê.

Meer oor:  Ob  |  Thandi Modise  |  Adv. Busisiwe Mkhwebane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.