Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Nuwe ANC-LP’s ingehuldig nadat Covid-19 5 eis

Vyf nuwe ANC-LP’s is ingehuldig in die plek van wyle minister Jackson Mthembu en vier ander ANC-LP’s wat weens die koronavirus gesterf het.

Pemmy Majodina, ANC-hoofsweep, en Faiez Jacobs, ANC-LP, het die vyf Woensdag verwelkom en sterkte toegewens met hul ontplooiing “wat daarop gemik is om die ANC-koukus in die parlement te versterk”.

Majodina het bygevoeg dat die ANC volle vertroue het dat die nuwelinge Suid-Afrikaners met onderskeiding sal dien.

MIDRAND, SOUTH AFRICA - SEPTEMBER 30: Minister in
Jackson Mthembu. Foto: Gallo Images

Mthembu, wat tot met sy dood minister in die presidensie en die regering se hoofwoordvoerder oor die Covid-19-pandemie was, is Sondag in ’n amptelike staatsbegrafnis in Emalahleni, Mpumalanga, begrawe nadat hy verlede week oorlede is.

Lechesa Tsenoli, adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, het Xiaomei Havard van Gauteng op ’n hibriede inhuldigingseremonie in Mthembu se plek as ANC-LP ingehuldig.

Dingaan Myolwa van die Oos-Kaap vervang dr. Pumza Dyantyi as LP, Kavilan Pillay van KwaZulu-Natal vir adv. Loyiso Mpumlwana, Nkosinathi Dlamini, ook van KwaZulu-Natal, vir Nomvuzo Shabalala en Ponani Makhubele van Limpopo vir Nombulelo Hermans.

Meer oor:  Anc  |  Jackson Mthembu  |  Pemmy Majodina  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.