Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Nuwe kabinet: #FeesMustFall bly tameletjie vir Blade

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, wetenskap en tegnologie, sal hom moet staal om nuwe aanslae van die #FeesMustFall-beweging af te weer.

En dié keer vanuit die parlementsbanke omdat verskeie van dié studentebeweging se topleiersfigure nou EFF-LP’s is.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie. Foto: Daily Sun

Peter Keetse, een van daardie nuwe LP’s en president van die EFF Student Command (EFFSC), het dít belowe nadat Nzimande en Buti Manamela, sy adjunk, Woensdag amptelik hul nuwe poste betree het.

Dit sal Nzimande se tweede termyn as politieke hoof van dié plofbare ministerie wees.

Hy was ook in 2016, toe die #FeesMustFall-protesoptogte oor onder meer gratis hoër onderwys kampusse landwyd begin verlam het, die minister.

Dié gewelddadige betogings het skade van meer as R800 miljoen by universiteite en TVET-kolleges aangerig.

Kenners meen Nzimande kan danksy sy vorige ervaring ’n bydrae lewer, maar ter wille van stabiliteit moet hy onmiddellik aandag gee aan die probleme met studente-finansiering.

Die DA meen egter Nzimande het niks uitgerig gekry in sy vorige agt jaar as minister van hoër onderwys en opleiding nie en dat die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) in sy vorige termyn van een krisis na die volgende gestrompel het.

Keetse het Woensdag gesê baie studente meen Nzimande se heraanstelling ondermyn studente. “Dit is omdat hy die minister was tydens die #FeesMustFall-protesoptogte waartydens ons as studente aangeval, geskors en in tronke gestop is.

Dan moet daar ook baie meer in personeel belê word.

“Ons is nou nie net meer op kampusse nie. #FeesMustFall het ook na die parlement geskuif. Ons sal Nzimande voortaan van hier af aanspreeklik hou,” sê Keetse.

Thabo Shingange, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Unie van Studente (SAUS), wat studenterade landwyd verteenwoordig, het Woensdag gesê sy lede sal in Julie op ’n nasionale raadsvergadering standpunt inneem oor Nzimande se heraanstelling.

Die SAUS sê dit is belangrik dat Nzimande onmiddellik ’n duidelike plan op die tafel lê oor hoe gratis hoër onderwys ten volle in werking gestel kan word.

Die unie eis ook die onmiddellike demilitarisering van kampusse deur van private veiligheidsmaatskappye ontslae te raak.

Shingange meen formele beleid oor gender-gegronde geweld op kampusse is ook broodnodig.

Die SAUS meen ’n duidelike plan en begroting moet vir nuwe studentebehuising opgetrek word, terwyl die koste van studenteverblyf om kampusse gereguleer moet word.

Intussen sê prof. Ahmed Bawa, uitvoerende hoof van Universiteite van Suid-Afrika-forum (Usaf), wat universiteite verteenwoordig, dat beleidstabiliteit in die sektor ook ’n prioriteit vir Nzimande behoort te wees.

Dit hou ’n enorme risiko in vir die stabiliteit van die sektor en moet ’n onmiddellike prioriteit wees.

“Dit is ook baie belangrik vir die minister om te verseker dat studentefinansiering in die nasionale begroting gekonsolideer word. Veral om duidelikheid daaroor aan universiteite vir die volgende vyf tot ses jaar te kan verskaf.”

Prof. Irma Eloff, professor in opvoedkundige sielkunde en voormalige dekaan van opvoedkunde by die Universiteit van Pretoria, meen ook NSFAS moet dringend gestabiliseer word.

“Dit hou ’n enorme risiko in vir die stabiliteit van die sektor en moet ’n onmiddellike prioriteit wees.”

Eloff het bygevoeg dat Nzimande se ander hoofprioriteite moet wees om onder meer inklusiewe universiteite te skep waar alle landsburgers volkome welkom moet voel.

“Dan moet daar ook baie meer in personeel belê word.”

Nog ’n prioriteit moet volgens Eloff wees om baie meer as tans op die gehalte van die opleiding vir professies soos dokters, ingenieurs, verpleegsters en onderwysers te fokus, terwyl universiteite ook hul internasionale netwerke, veral in Afrika, moet versterk.

Sy meen die TVET-kollege-sektor moet ook drasties versterk word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.