Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Nuwe naam vir PE op die agenda

Naamsveranderinge vir Port Elizabeth, dié stad se lughawe, asook die buurdorp, Uitenhage, sal aanstaande week op openbare vergaderings bespreek word.

Die Oos-Kaapse komitee vir geografiese name (ECPGNC) sal reeds Dinsdag met sy eerste openbare vergadering in Uitenhage begin.

Onder die lys vir voorgestelde name vir Port Elizabeth is:

* Gqebera

* I-Bhayi

* Nelson Mandela City

Die voorgestelde name vir Port Elizabeth International Airport is:

* Nelson Mandela Bay Airport

* Nelson Mandela Airport

* Raymond Mhlaba Airport

* Sipho Hashe International Airport

* David Stuurman International Airport

* The Khoi-San International Airport

Die kortlys vir Uitenhage se voorgestelde name is:

* Garden Town

* Kariega

* Tolofiyeni

* Kamesh

Dié naamsveranderinge kom reeds sedert 2016 toe die komitee die proses aankondig het.

In die komende weke sal openbare vergaderings in dele van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit gehou word, waar inwoners hul menings kan gee.

Besonderhede vir die voorgestelde standaardisering van elkeen van die name sal op die vergaderings voorgelê word.

Die skedule vir die openbare vergaderings is soos volg deur ECPGNC uiteengesit:

* Dinsdag, 6 November om 18:00, Uitenhage-stadsaal

* Woensdag, 7 November om 18:00, Chetty-gemeenskapsaal

* Donderdag, 8 November om 18:00, Nangoza Jebe-gemeenskapsaal

* Dinsdag, 13 November om 18:00, Raymond Mhlaba-sportsentrum

* Woensdag, 14 November om 18:00, Port Elizabeth-stadsaal.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Pe  |  Naamsverandering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.