Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
NWK sê dié wat nie opsy staan, moet geskors word

Alle ANC-lede wat weens korrupsie en ander ernstige misdaad in ’n hof tereg staan, insluitend Ace Magashule, sekretaris-generaal van die party, moet opsy staan.

Dié wat geweier het om dit binne die voorgeskrewe 30 dae te doen, moet geskors word.

Dié besluit is Maandag deur pres. Cyril Ramaphosa en die res van die ANC se nasionale werkkomitee (NWK) op hul vergadering herbevestig.

Luidens ’n ANC-verklaring het die NWK op die vergadering ook verslae van ANC-provinsies ontvang oor alle ANC-lede wat in howe tereg staan, die stand van die hofgedinge teen hulle en of hulle al in kennis gestel is dat hulle opsy moet staan. Inligting oor wie al opsy gestaan het, is ook daarin vervat.

ANC-lede wat opsy gestaan het, moet die party maandeliks op hoogte hou van die vordering met hul onderskeie hofsake, terwyl hul besluit om opsy te staan elke ses maande hersien sal word.

Die NWK het ook voorstelle ontvang van die topsesleierskap oor die samestelling van ’n appèlpaneel kragtens die riglyne en prosedures wat deur die NUK aanvaar is vir diegene wat wil appelleer teen besluite van die integriteitskommissie.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, bevestig in die verklaring dat die betrokke lede wat nie binne 30 dae opsy gestaan het nie, ingevolge die ANC-grondwet geskors moet word.

Die NWK het opdrag gegee dat briewe aan die betrokke ANC-lede gestuur moet word waarin uitgestippel word dat die skorsingsbesluit in werking gestel word.

“Die NWK het ook kennis geneem van verskeie verslae van die integriteitskommissie en het besluit dat hierdie verslae op die spesiale vergadering van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) wat van 8 tot 10 Mei gehou word, bespreek sal word.

“Die NWK het ook voorstelle ontvang van die topsesleierskap oor die samestelling van ’n appèlpaneel kragtens die riglyne en prosedures wat deur die NUK aanvaar is vir diegene wat wil appelleer teen besluite van die integriteitskommissie,” lui die verklaring.

• Volg Netwerk24 vir meer.

Lees ook: Ace 'sal gedwing' word om opsy te staan

Meer oor:  Opsystaan  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.