Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
O wee, OB se bevinding oor Gordhan ‘verbyster’ – ontleder

Hy voel soos ’n krieketbal wat oor die grens vir ’n ses geslaan is, sê die politieke ontleder Theo Venter oor adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), se bevindinge Vrydagmiddag oor Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings.

Die OB het onder meer bevind Gordhan het die Grondwet oortree toe hy destyds as kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) tot ’n “geheime eenheid” ingestem het. Mkhwebane het bevind dié intelligensie-eenheid was onwettig. Die instelling van die eenheid was ’n oortreding van die land se intelligensiewetgewing.

Pravin Gordhan

Die klag is volgens die OB deur die EFF aanhangig gemaak.

Sy het gelas pres. Cyril Ramaphosa moet binne 30 dae teen Gordhan optree.

Venter sê hy het dié uitspraak glad nie verwag nie. Sy indruk is dat Mkhwebane die stelsel op ’n grondwetlike krisis wil afstuur.

“Sy gebruik allerlei vertolkings van haar magte wat op die presedent gegrond is wat in die Nkandla-sage geskep is. Ek dink nie sy is reg nie. Sy sê as iemand haar wil stuit moet hulle ’n interdik teen haar bekom. Is dit nie meer genoeg om die saak op hersiening te neem nie? Die gebruik was nog altyd om ’n saak op hersiening te neem,” sê Venter.

Die volgende paar dae kan volgens hom baie interessant wees.

“Ek kry die indruk die ANC-koukus in die parlement wil haar termyn, kom ons sê dit maar sagkens, ‘van nader bekyk’. Thuli Madonsela (Mkhwebane se voorganger) was in dieselfde bootjie voor haar Nkandla-uitspraak.”

Lawson Naidoo van die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) sê hy is in die lig van die uitsprake wat vroeër oor die sogenaamde spioenasie-eenheid ten gunste van Gordhan gemaak is, verbyster oor Mkhwebane se uitspraak.

“Ek kan nie sien hoe sy tot ’n ander gevolgtrekking kon kom as die vroeëre uitsprake wat reeds oor dié saak gemaak is nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.