Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OB: Ace en VS het onreëlmatig by Vrede-projek ingemeng

Ace Magashule, beleërde sekretaris-generaal van die ANC, en die Vrystaatse regering, toe hy destyds die premier was, het onreëlmatig en polities by die omstrede Estina-suiwelprojek in Vrede ingemeng.

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), het dit Maandag gesê toe sy die bevindinge van haar ondersoek na politieke inmenging by die projek by haar hoofkantoor in Pretoria bekend gemaak het.

Hulle het ook daarin misluk om die geld te verhaal wat onreëlmatig aan die geïmpliseerde persone betaal is, nadat die ouditeur-generaal herhaaldelik sy kommer daaroor uitgespreek en negatiewe bevindinge oor die projek gemaak het.

Sy het ook bevind dat Mosebenzi Zwane, destydse LUR vir landbou in die Vrystaat, ook sy pligte versuim het om voldoende toesig oor die projek te hou, wat lank reeds met hom, Magashule en die omstrede Gupta-familie verbind was.

Volgens Mkhwebane het Magashule destyds as Vrystaatse premier saam met verskeie provinsiale LUR’e en die provinsiale uitvoerende komitee daarin misluk om die verdere toekenning van bykomende geld of betalings vir die Estina-projek te staak en die Vrystaatse regering teen verdere finansiële verliese te beskerm.

“Hulle het ook daarin misluk om die geld te verhaal wat onreëlmatig aan die geïmpliseerde persone betaal is, nadat die ouditeur-generaal herhaaldelik sy kommer daaroor uitgespreek en negatiewe bevindinge oor die projek gemaak het.”

Magashule-hulle het ook geen poging aangewend om die bevindinge van die OG oor die onregmatige betalings vir die projek rasioneel te bestudeer nie.

“Ek kom dus tot die slotsom dat die Vrystaatse uitvoerende komitee onder leiding van Magashule as voormalige premier gesamentlik daarin misluk het om voldoende toesig oor die projek te hou toe dit bykomende geld vir die projek toegeken het.”

Mkhwebane het bygevoeg dat sy bewus is dat die nasionale vervolgingsgesag ook die saak ondersoek, “maar dat hulle op hul eie mandaat sal fokus”.

Ek kom dus tot die slotsom dat die Vrystaatse uitvoerende komitee onder leiding van Magashule as voormalige premier gesamentlik daarin misluk het om voldoende toesig oor die projek te hou toe dit bykomende geld vir die projek toegeken het.

Sy het ook bevind dat die Vrystaatse regering net die name van die bedoelde begunstigdes van die Estina-projek gebruik het om die finansiering te bekom, maar dat dit daarin misluk het om te verseker dat die projek die begunstigdes bevoordeel.

“Dit is jammer dat daar aan die begunstigdes van die Estina-projek ’n leë droom verkoop is deur diegene wat verkies is om die plaaslike gemeenskap se lewe te verander,” het Mkhwebane gesê.

• Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.