Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OB appelleer dalk teen besluit oor Estina-verslag

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), oorweeg die moontlikheid om te appelleer of aansoek te doen vir regstreekse toegang tot die konstitusionele hof nadat die hooggeregshof in Pretoria haar verslag oor die Estina-suiwelprojek in Vrede ongrondwetlik en ongeldig verklaar het.

Mkhwebane het Maandagaand in ’n verklaring gereageer nadat dié uitspraak vroeër die oggend in die hof gelewer is. Die hof het ook die verslag tersyde gestel.

Die hof het bevind dat Mkhwebane haar plig versuim het om die Estina-suiwelprojek behoorlik te ondersoek en daaroor verslag te doen.

Die aansoek is deur die DA en die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) ingedien.

Die DA het aangevoer Mkhwebane het versuim om ’n derde klag, wat deur ’n DA-lid ingedien is, te ondersoek. Met die klag wou die DA onder meer hê die OB moet die rol van Ace Magashule, destydse Vrystaatse premier, in die kwessie ondersoek.

Mkhwebane het Maandagaand haar verbasing oor die uitspraak uitgespreek en sal luidens die verklaring nie die verdienste daarvan in die media bespreek nie, maar haar betoog eerder na die hoogste hof neem.

Mkhwebane wys daarop dat haar regspan in Oktober reeds in die hooggeregshof aangevoer het dat sy nie die derde klag, wat in Mei 2016 ontvang is, kon ondersoek nie, omdat die ondersoek feitlik afgehandel was.

“Sy (Mkhwebane) kon ook nie kwessies ondersoek wat geopenbaar is nie, soos die #GuptaLeaks, omdat die OB se kantoor in die staatskapingsverslag reeds opdrag gegee het dat ’n kommissie van ondersoek ingestel word om die bewerings na staatskaping te ondersoek,” lui die verklaring, wat deur Oupa Segalwe, die OB se woordvoerder, uitgereik is.

Om ’n parallelle ondersoek te doen oor kwessies wat haar kantoor reeds na die kommissie verwys het, is volgens Mkhwebane “onlogies”.

Deur die hele verslag tersyde te stel, is haar bekommernis dat dit moontlik geïnterpreteer kan word dat die hof die wanadministrasie van bepaalde partye, soos bevind in die verslag, nou verskoon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.