Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OB, EFF wend hul na konstitusionele hof ná klap oor Gordhan
Adv. Busisiwe Mkhwebane. Foto: Gallo

Die openbare beskermer én die EFF het aansoek gedoen by die konstitusionele hof om verlof tot appèl ná die regstellende optrede in haar verslag oor die sogenaamde rogue unit by die Suid-Afrikaanse inkomstediens.

Regter Sulet Potterill het verlede maand in die hooggeregshof in Pretoria ’n tussentydse bevel toegestaan wat keer dat tugstappe teen Gordhan weens dié betrokke verslag van die Busisiwe Mkhwebane, die OB, gedoen word.

Mkhwebane wou hê pres. Cyril Ramaphosa moes binne 30 dae optree, maar Potterill het bevind Mkhwebane en die EFF (wat hom in dié saak by die OB geskaar het) moet alle regskoste betaal. Die regter het bevind Mkhwebane se remediërende aanbevelings in die verslag was “vaag, teenstrydig en/of sinneloos”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.