Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘OB het belangrike bewyse geïgnoreer’

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), het uiters belangrike bewyse geïgnoreer toe sy bevind het dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ’n onwettige intelligensie-eenheid op die been gebring het.

News24 berig Mkhwebane en haar ondersoekers het ook nie redelike stappe gedoen om die relevante bewyse te kry nie, wat groot gapings in hul kennis van sake by die SAID gelaat het.

As deel van ’n ondersoek na verskeie bewerings, onder meer of die SAID ’n geheime eenheid bedryf het, en of dié eenheid onwettige intelligensie-operasies uitgevoer het, het Mkhwebane:

* Nooit enige lid van die beweerde eenheid, of sy bestuurder, Johann van Loggerenberg, ondervra nie;

* Gejok in haar verslag deur te sê dat sy Van Loggerenberg nie kon opspoor nie, terwyl sy prokureurs haar gekontak het ’n maand voordat haar verslag gefinaliseer is; en

* Selektief sekere dele van bewyse gebruik en geïgnoreer het om haar bevindings te steun. Sy het sekere dele van dieselfde bewyse geïgnoreer waar dit in teenstelling met haar bevindinge was.

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB). Foto: Andrew Mkhondo / Daily Sun

News24 het die Reël 53-rekord wat deur die OB ingedien is in die hersieningsaansoek teen Pravin Gordhan, die minister van openbare ondernemings, bestudeer.

Dit toon voorlopig dat daar gapings in die OB se ondersoek is.

News24 het kwessies oor die Reël 53-rekord uitgelig wat nie deur Gordhan in hofdokumente genoem is nie en wat handel oor kwessies soos die OB se jurisdiksie en die rasionaliteit van haar bevindings.

Lees News24 se volledige bevindings hier.  

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.