Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OB hou vol lyfwag is vergiftig, dog geen bewyse

Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, hou vol dat een van haar lyfwagte glo te midde van haar ondersoek na die misbruik van staatsmag en korrupsie vergiftig is, het haar kantoor Maandag gesê.

Dit kom ondanks die feit dat die polisie tans geen bewyse het waarop Mkhwebane se bewering gegrond is nie.

“Die openbare beskermer staan by haar stelling,” het Oupa Segalwe, Mkhwebane se woordvoerder, Maandag by navraag gesê. Segalwe wou hom nie verder oor die aangeleentheid uitlaat nie.

Die openbare beskermer het verlede Vrydag tydens ’n nuuskonferensie gesê dat sy inligting ontvang het oor ’n poging om ’n lid van haar sekuriteitspan te vergiftig. Mkhwebane, wat verdoemende bevindinge teen Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, gemaak het, kon geen verdere inligting oor die bewering bekend maak nie. Sy het bygevoeg dat daar ook aan haar besittings gepeuter is.

Die polisie het intussen ’n ondersoek na die bewering van stapel gestuur maar kon tot dusver geen bewyse vind dat die lyfwag vergiftig is nie.

Die bewering kom te midde van Mkhwebane se bevindings teen Gordhan oor die destydse stigting van ’n sogenaamde geheime ondersoekeenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID). Mkhwebane se bevindings teen Gordhan het politieke oproer ontketen met die partyleiers van die ANC en sy alliansievennote wat eis dat sy onmiddellik uit haar pos onthef word.

Meer oor:  Busisiwe Mkhwebane  |  Ob
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.