Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OB kan op dié gronde verwyder word

Die nuwe parlementêre reëls sit drie gronde uiteen vir die verwydering van die hoof van ’n grondwetlike instelling waarvan die openbare beskermer (OB) een is.

Dit sluit in wangedrag, ongeskiktheid vir werk of onbevoegdheid.

  • “Wangedrag” beteken die opsetlike of growwe nalatige onvermoë om aan die standaarde vir gedrag of optrede te voldoen wat van iemand in ’n openbare amp verwag word;
  •  “Ongeskiktheid” sluit in die permanente of tydelike toestand wat ’n openbare ampsdraer se vermoë belemmer om sy of haar werk te doen, asook enige hindernis op regsgronde vir indiensneming; en
  • “Onbevoegdheid” in verhouding tot ’n openbare ampsdraer, insluitend ’n gedemonstreerde en volgehoue gebrek aan kennis en die vermoë om sy of haar pligte doeltreffend uit te voer.

Enige lid van die Nasionale Vergadering (NV) kan ingevolge ’n substantiewe mosie die verrigtinge vir ’n ondersoek teen ’n hoof van ’n grondwetlike instelling aanvoor.

Die speaker moet die mosie en ondersteunende dokumente vir ’n voorlopige ontleding na ’n onafhanklike paneel verwys. Die speaker moet die NV en die president daaroor inlig.

Die paneel van drie lede – gepaste en behoorlike Suid-Afrikaners – moet kollektief oor die noodsaaklike regs- en ander bevoegdhede en ondervinding beskik om die ontleding uit te voer. ’n Regter mag op die paneel aangestel word, maar die speaker moet so ’n aanstelling in oorlegpleging met die hoofregter doen.

Politieke partye wat in die NV verteenwoordig word, moet die geleentheid hê om kandidate te benoem om op die paneel te dien.

Die paneel moet binne 30 dae van sy aanstelling die voorlopige ondersoek uitvoer en finaliseer en ’n aanbeveling aan die speaker doen.

Die speaker moet hierna die aanbeveling van die paneel aan die NV voorlê. Indien die NV besluit dat die ondersoek moet voortgaan, moet die kwessie na ’n spesiale parlementêre komitee ingevolge art. 194 van die Grondwet verwys word vir ’n formele ondersoek.

Dié komitee moet die ondersoek uitvoer, die waarheid van die aanklagte bepaal en aan die NV terugrapporteer. As die komiteeverslag aanbeveel dat die ampsdraer uit sy of haar pos verwyder moet word, moet die NV daaroor stem en as die vereiste meerderheid dit steun, moet die NV die besluit aan die president oordra.

Politieke partye het tot 7 Februarie om voorstelle vir paneellede te doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.