Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OB kla Mbalula van crimen injuria aan oor twiet

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), het ’n saak van crimen injuria teen Fikile Mbalula, minister van vervoer, ingedien nadat hy Sondag getwiet het sy is ’n “hired gun”.

Die OB se kantoor het bevestig dat ’n saak geopen is.

Mbalula se twiet het gevolg nadat Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, aan die Sunday Times gesê het die party se “beginselvaste” LP’s sal nie saam met die opposisie stem vir enige mosie wat tot die verwydering van Mkhwebane kan lei nie.

“Mnr. Mbalula en ander ministers wat minagtende opmerkings oor die OB gemaak het, is voorheen by die president verkla. Die versoek was dat die president in sy hoedanigheid as hoof van die uitvoerende gesag hulle in die bek moes ruk. Dit is nie duidelik of daar ooit iets van die versoek gekom het nie,” sê Oupa Segalwe, die OB se woordvoerder.

Die binnegevegte in die ANC oor die OB-kwessie is aan die toeneem voor die parlementêre stemming oor of daar na Mkhwebane se bevoegdheid vir haar amp ondersoek ingestel moet word.

Mbalula is bekend daarvoor dat hy baie aktief op Twitter is en graag politieke uitsprake maak.

* Mbalula het ook Maandagaand in reaksie op die saak wat teen hom ingedien is, getwiet. “ ‘A hired gun’ het klaarblyklik ’n saak teen my geopen.”


Meer oor:  Busisiwe Mkhwebane  |  Ob  |  Fikile Mbalula  |  Openbare Beskermer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.