Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
FOTO'S: OB in hof, saak uitgestel
Mpofu, OB
Adv. Dali Mpofu SC, wat namens adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, in die saak optree sit langs haar in die hof. Foto: Melinda Stuurman

10:04

Die saak van meineed teen adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), is Donderdagoggend in die landdroshof in Pretoria tot 25 Maart uitgestel.

Dit is sodat sekere voorverhoor-kwessies opgelos kan word.

Adv. Dali Mpofu SC, vir die OB, het aan landdros Adriaan Bekker gesê die verdediging sal met die OB se volgende hofsitting aansoek doen dat die drie klagte van meineed teen Mkhwebane teruggetrek word.

As dit nie gebeur nie kan die verdediging hom tot die hooggeregshof in Pretoria wend, sê Mpofu.

Die drie aanklagte hou verband met vergaderings wat Mkhwebane as OB met oudpres. Jacob Zuma gehad het.

Die staat en die verdediging het op die uitstel ooreengekom omdat sekere dokumente eers Donderdagoggend aan die verdediging beskikbaar gestel is.

Die OB se eerste hofverskyning het net enkele minute geduur.


09:30

Mkhwebane, openbare beskermer (OB), het Donderdagoggend in die beskuldigdebank gestaan in die landdroshof in Pretoria.

Terwyl sy gewag het vir die verrigtinge om te begin, het sy met die mense wat haar na die hof vergesel het, gesels. Daar was baie joernaliste, TV-kameras en fotograwe in die hof teenwoordig.

Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer
Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), Donderdagoggend in die beskuldigdebank van die landdroshof in Pretoria. Foto: Melinda Stuurman
Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer
Foto: Melinda Stuurman
Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer
Foto: Melinda Stuurman
Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer Foto: Melin
Foto: Melinda Stuurman

In die eerste klag teen Mkhwebane, wat tot en met 31 Maart met verlof is, word sy daarvan beskuldig dat sy in November 2017 in die hooggeregshof in Pretoria onder eed verklaar het sy het net een vergadering (op 25 April 2017) met Zuma gehad terwyl sy geweet het dié verklaring is vals.

Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer Foto: Melin
Foto: Melinda Stuurman
Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer Foto: Melin
Foto: Melinda Stuurman

Die tweede klag is dat sy in April 2018 in ’n beëdigde verklaring ter ondersteuning van haar aansoek om regstreeks tot die konstitusionele hof te appelleer, verklaar het sy het op 7 Junie 2017 ’n tweede vergadering met Zuma gehad.

Mkhwebane het aangevoer die doel van die besoek was om duidelikheid oor die oudpresident se antwoord te kry terwyl sy geweet het dat dit nie waar is nie.

ob, hof, meineed
Mkhwebane verskyn op drie aanklagte van meineed. Foto: Melinda Stuurman
Melinda Stuurman

Die derde klag is dat Mkhwebane in Junie 2018 onwettig en doelbewus in ’n beantwoordende beëdigde verklaring aan die konstitusionele hof verklaar het sy het nie op 7 Junie 2017 haar finale verslag, wat nuwe regstappe bevat het, met Zuma bespreek nie terwyl sy geweet het dit is onwaar.

Die konstitusionele hof het laat verlede jaar haar regstreekse appèlaansoek teen ’n uitspraak van die hooggeregshof van die hand gewys.

’n Onafhanklike paneel van die parlement is tans — ná ‘n klagte van die DA — besig met ondersoek om vas te stel of Mkhwebane bevoegd is vir haar pos.

Sy het die laaste paar jaar verskeie keer in die hof slae gekry oor haar verslae.

busisiwe OB, hof, meineed
’n Onafhanklike paneel van die parlement is tans — ná ‘n klagte van die DA — besig met ondersoek om vas te stel of Mkhwebane bevoegd is vir haar pos. Foto: Sarel van der Walt

Meer oor:  Pretoria  |  Openbare Beskermer  |  Hof  |  Meineed  |  Ob  |  Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.