Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OB móét appèlaansoek in grondwethof voortsit

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), is verplig om haar vir ’n appèlaansoek in die konstitusionele hof in Johannesburg gereed te maak – wat sy eerder wou vermy.

Adv. Busisiwe Mkhwebane. Foto: Daily Sun

Dit kom nadat haar poging om ’n appèlaansoek in die konstitusionele hof terug trek teen die beslissing van die hooggeregshof in Pretoria rakende haar ondersoek na Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, na berig word misluk het.

Business Day het Vrydag berig dat die konstitusionele hof wel Mkhwebane se dringende appèl teen ’n uitspraak van regter Sulet Potterril sal aanhoor wat ten gunste van Gordhan was.

Potterril het in Julie in haar uitspraak die OB se regstellende optrede ten opsigte van Gordhan opgeskort wat verband hou met die sogenaamde geheime spioenasie-eenheid van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Die OB het in haar verslag aanbeveel dat pres. Cyril Ramaphosa binne 30 dae ná die uitreiking van haar verslag stappe teen Gordhan moet doen. Sy het ook gelas dat die Nasionale Vervolgingsgesag strafregtelike klagte teen Gordhan moet oorweeg.

Potterril het in haar uitspraak gesê Mkhwebane se opdrag is “vaag, weersprekend en/of sinneloos”. Sy het ook bevind Mkhwebane se verslag is “gebrekkig in die reg”. Potteril het verder ook ’n persoonlike kostebevel teen Mkhwebane gemaak.

Mkhwebane en haar kantoor het hulle regstreeks tot die konstitusionele hof gewend vir toestemming om teen Potterril se uitspraak te appelleer. Mkhwebane het egter later in ’n verrassende stap ’n U-draai gemaak en die aansoek teruggetrek. Sy het geen redes in haar kennisgewing aan die hof gegee vir haar besluit nie.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng se kantoor het luidens Business Day nie redes aangevoer oor waarom hy wil hê die saak moet voortgaan nie. Ramaphosa het ook vroeër aangevoer dat Mkhwebane nie toegelaat moet word om haar aansoek terug te trek nie.

Oupa Segalwe, Mkhwebane se woordvoerder, sê die OB se kantoor het in dié stadium geen kommentaar nie, maar sal weldra reageer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.