Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OB ontken in parlement sy is deel van ANC-faksie

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), meen beskuldigings dat sy deel is van ’n faksie in die ANC, is ongegrond.

Dit is volgens Mkhwebane ook ’n hoofrede waarom haar kantoor die afgelope ruk hewig en ongrondwetlik aangeval is deur senior ministers wat ook LP’s is.

“Ons het dit by die speaker (van die Nasionale Vergadering) aangemeld.”

Mkhwebane het dit Vrydagoggend aan die portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste gesê toe sy verslag oor haar jaarverslag vir 2018/’19 gedoen het.

Sy het ook LP’s se aandag gevestig op “sommige staatsorgane wat steeds anderkant toe kyk as my kantoor hul administratiewe misstappe aan hulle uitwys”.

“Dit ten spyte van die leersame konstitusionele hofbeslissing wat dit eens en vir altyd uitgeklaar het dat my remediërende aanbevelings bindend is tensy ’n hof dit tersyde stel.”

Sy het bygevoeg dat haar kantoor weens ’n gebrek aan geld nie kan bekostig om haar aanbevelings deur die howe te laat afdwing nie.

“Sover dit die geraakte partye aangaan, maak dit hierdie (OB-)kantoor tandeloos.”

Sy het die parlement versoek om haar kantoor te help om meer geld vir hul begroting te kry.

*Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

Adv. Busisiwe Mkhwebane. Foto: Tebogo Letsie

Meer oor:  Busisiwe Mkhwebane  |  Parlement  |  Ob  |  Politiek  |  Anc-Faksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.