Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OB sê ‘binnekort’ oor Van Rooyen

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), sê sy kan nie die chaos rondom die voormalige Eskom-baas
Brian Molefe en ander sake ondersoek nie. Sy beweer dit is omdat daar ’n soortgelyke ondersoek in die parlement aan die gang is.

Mkhwebane het in ’n brief aan Mmusi Maimane, DA-leier, geskryf beperkte finansiële bronne is die kruks van haar oorweging. Sy is gevra om Molefe se pensioenbetaling van R30 miljoen te ondersoek, sowel as bewerings dat die geskorste waarnemende uitvoerende hoof, Matshela Koko, ’n kontrak van R1 miljard aan ’n maatskappy van sy stiefdogter toegeken het.

Mkhwebane het gesê haar voorlopige ondersoek oor die saak is afgehandel, maar sy oorweeg nog of sy verder daarna moet kyk.

Terwyl Molefe en kie eers nie verder ondersoek gaan word nie, sal ’n ondersoekverslag oor Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, eersdaags uitgereik word.

Hy is ondersoek omdat hy glo die parlement mislei het deur te sê hy het nié die Guptas se Saxonwold-woning besoek in die aanloop tot sy rampspoedige aanstelling as minister van finansies nie.

Adv. Thuli Madonsela, Mkhwebane se voorganger, het bevind Van Rooyen was minstens sewe keer in die Saxonwold-omgewing – ook op die dag voor die aankondiging.

Van Rooyen het voorheen herhaaldelik ontken dat hy by die Guptas was, wat die DA genoop het om die klagte by die OB in te dien.

“Die ondersoek na dié saak is afgehandel en ek is in die proses om die verslag te finaliseer. Ek verwag dat die verslag binnekort uitgereik sal word,” het Mkhwebane die afgelope week in haar brief gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.