Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OB se dokumente verseël by hof ingedien

Die hof het dokumente wat die openbare beskermer (OB) Woensdag ingedien het, op versoek van pres. Cyril Ramaphosa se prokureurs geseël.

Oupa Segalwe, OB-woordvoerder, het bevestig dat die dokumente Woensdagoggend by die hooggeregshof in Pretoria ingedien is. Die dokumente is as stawende bewysstukke ingedien nadat Ramaphosa ’n aansoek in die hof gebring het om adv. Busisiwe Mkhebane, die OB, se sogenaamde Bosasa-verslag ter syde te stel. Mkhwebane het onder meer in haar verslag bevind Ramaphosa het die parlement opsetlik mislei oor ’n skenking van R500 000 van Gavin Watson, grootbaas van Bosasa, vir Ramaphosa se CR17-veldtog om president van die ANC te word.

Mkhwebane het aanbeveel dat Ramaphosa voor die parlement verskyn, asook dat hy deur die nasionale direkteur van openbare vervolgings (NDOV) en die nasionale polisiekommissaris weens beweringe van geldwassery ondersoek word.

Rampahosa het Maandag ’n tussentydse bevel van die hof bekom wat Mkhwebane se remediërende optrede keer, hangende die hersieningsaansoek.

Ramaphosa se prokureurs het verlede week in ’n brief die hof gevra om sekere dokumente te seël wat Mkhwebane sou indien omdat dit “vertroulike inligting van derde partye” bevat.

Die dokumente waarna verwys word is onder meer bankstate van sy CR17-veldtogrekening, Linked Environmental Services en die Ria Tenda Trust.

Die Sunday Independent het Sondag na aanleiding van dié dokumente berig dat sekere politici deur die veldtogrekening betaal is. Die registrateur van die hof het Woensdag aan Netwerk24 bevestig dat die hof besluit het om vir nou die dokumente te seël. Dit beteken dat die inligting in die dokumente vertroulik gehou word, en die publiek kan nie toegang daartoe verkry nie.

Die regspanne van Mkhwebane en Ramaphosa sal na wat verneem word Donderdagoggend met Aubrey Ledwaba, adjunk-regter-president, vergader. Die kwessie oor die geseëlde dokumente sal vermoedelik ook dan bespreek word.

Ramaphosa se prokureurs voer aan Mkhwebane het die dokumente onwettig bekom.

Meer oor:  Cyril Ramapahosa  |  Busisi­We Mkhwebane  |  Dokumente  |  Cyril T. Ob  |  Hof  |  Verseël
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.