Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OB sê sy tree binne magte op om Cyril te ondersoek

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), meen sy tree binne haar magte op om bewerings van geldwassery teen pres. Cyril Ramaphosa te ondersoek.

Mkhwebane het Maandag bygevoeg dat sy daarom uit die veld geslaan is deur bewerings deur onder meer die DA en bestuurders van Ramaphosa se ANC-presidentsveldtog in 2017 dat sy nooit gevra is om bewerings van geldwassery teen hom te ondersoek nie.

Die OB se verklaring Maandag is na aanleiding van bogenoemde partye se onderskeie reaksies nadat die Sunday Times Sondag berig het dat Mkhwebane ook bewerings van geldwassery teen Ramaphosa ondersoek nadat sowat R400 miljoen se skenkings aan sy destydse ANC-veldtog geskenk is.

Haar ondersoek kom nadat die DA vroeër 'n klag by haar ingedien het om vas te stel of Ramaphosa die parlement oor 'n skenking van R500 000 deur Bosasa aan sy veldtog mislei het.

* Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Adv. Busisiwe Mkhwebane  |  Cyril Ramaphosa  |  Ob
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.