Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OB se uitspraak oor Zille ‘is gek’

Helen Zille beplan om die openbare beskermer (OB) se beslissing oor haar omstrede kolonialisme-twiet deur ’n hof te laat hersien, het haar kantoor Maandag gesê.

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die OB, het die Wes-Kaapse wetgewer opdrag gegee om binne 30 dae “gepaste stappe” teen Zille te doen. Sy het gister in Pretoria gesê Zille het die wetgewer se etiekkode oortree.

Zille het verlede jaar ’n storm ontketen toe sy op Twitter gesê het die nalatenskap van kolonialisme is nie net sleg nie. Die DA het haar gedwing om verskoning te vra daarvoor.

Die OB sê die feit dat Zille om verskoning gevra het, “kan vertolk word as ’n erkenning dat die twiet ’n negatiewe impak op die waardigheid van ’n deel van die Suid-Afrikaanse bevolking gehad het”.

Mkhwebane het beslis Zille het die Grondwet oortree en die gemeenskap op rassegronde verdeel.

Art. 16 van die Grondwet (oor vryheid van spraak) het volgens haar nie ten doel om enigeen te bemagtig om sulke uitlatings te maak nie. “Subart. 16(2)(b) is geskep om sulke uitlatings in bedwang te hou.” Dit handel oor uitlatings wat geweld aanhits.

“Sy het die onderdrukking, uitbuiting, rassisme en armoede wat die regstreekse nalatenskap van kolonialisme is, goedgepraat,” het die OB bevind.

Prof. Pierre de Vos, grondwetkenner, bestempel die beslissing as “vreemd”. “My studente sal van beter weet.”

Tony Leon, wat Zille se voorganger as DA-leier was, het getwiet die OB se bevinding is “regtens gek”. – Sarel van der Walt

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.