Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OB se ‘vergiftigde wag’ het glo maagvirus

Die openbare beskermer se “vergiftigde” lyfwag het vermoedelik net ’n maagvirus opgetel of voedselvergiftiging opgedoen.

Só blyk dit uit ’n voorlopige polisie-ondersoek nadat adv. Busisiwe Mkhwebane volgens News24 gesê sy het inligting ontvang dat daar probeer is om een van haar lyfwagte te vergiftig.

Mkhwebane het Vrydag op ’n nuuskonferensie in Pretoria haar bevindinge teen Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, bekend gemaak toe sy haar kommer oor die lyfwag uitgespreek het.

Sy wou blykbaar geen verdere inligting oor die beweerde vergiftiging verklap nie en net volgens News24 ook gesê daar is met van haar eiendom gepeuter.

Brig. Vish Naidoo, die nasionale polisiewoordvoerder, het by navraag gesê die polisie ondersoek die voorval en het reeds ’n amptelike verslag van die lyfwag en ’n mediese verslag van die dokter aangevra. Die lyfwag is ’n lid van die polisie se spesiale beskermingsdiens vir staatsamptenare.

“Ons beskou die bewerings van die vergiftiging van ons lede in ’n baie ernstige lig. In voorlopige gesprekke het dit bekend geword die lid het maagpyn gehad. Hy is dokter toe en dié het vir hom gesê hy het vermoedelik ’n maagvirus opgetel of iets verkeerds geëet,” sê Naidoo.

Volgens Naidoo sal daar egter eers sekerheid wees wanneer die ondersoek afgehandel is.

Volgens News24 het Mkhwebane ook verlede maand genoem dat haar lewe in gevaar is.

“Ek is ’n dienaar van die staat, ek verwag van die regering om my te beskerm. Ons het beskerming van die Suid-Afrikaanse Polisiediens,” het Mkhwebane in ’n toespraak aan die South African Sheriff Society in Johannesburg gesê.

Naidoo sê die nuusberigte was die eerste woord wat hy van die beweerde vergiftiging hoor. "Die vergiftiging van een van ons lede is nêrens amptelik gerapporteer nie." 

Hy sê voorts die lid was binne 'n dag in en uit die hospitaal vir toetse weens die erge maagpyn. 

Meer oor:  Ob  |  Busisiwe Mkhwebane  |  Pravin Gordhan  |  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.