Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OB spreek Dlamini vry, maar DA nie klaar met haar

Daar is steeds ’n sterk saak wat Bathabile Dlamini, voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, sal moet beantwoord, al het die openbare beskermer (OB) haar in haar ondersoek na die omstrede Cash Paymaster Services- (CPS) sage vrygespreek.

So het Bridget Masango, DA-LP en woordvoerder oor maatskaplike ontwikkeling, Woensdag gesê. Daarom sal die DA adv. Busisiwe Mkhwebane se verslag en bevindings daaroor deeglik bestudeer en regsadvies daaroor inwin.

Mkhwebane het haar verslag Woensdag uitgereik. Masango het Dlamini in 2017 by die OB verkla nadat sy in ’n begrotingstoespraak aan die parlement gesê het die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) sal gereed wees om die uitbetaling van maatskaplike toelaes op 1 April 2017 by CPS oor te neem.

Sassa het egter later aan die parlement gesê hy sal dit nie kan doen nie.

Masango en die DA het aangevoer dat Dlamini, wat ook die president is van die ANC-vroueliga, hiermee die etiekkode vir lede van die uitvoerende gesag oortree en die parlement “opsetlik” mislei het.

Mkhwebane het bevind daar is geen bewyse hiervan nie.

Masango het Woensdagmiddag in ’n verklaring gesê ondanks die OB se bevinding meen die DA steeds dat Dlamini aanspreeklik gehou moet word omdat sy met die CPS-sage die lewensbestaan van miljoene Suid-Afrikaners in gevaar gestel en die land op die rand van ’n totale krisis gebring het.

“Dlamini het onteenseglik misluk in haar rol as (politieke) hoof van maatskaplike ontwikkeling, sowel as die vroue van Suid-Afrika en sy moet haar dag in die hof hê,” het Masango gesê.

* Die konstitusionele hof het in September verlede jaar beslis Dlamini moet 20% van die Black Sash en Freedom Under Law se regskoste uit haar eie sak betaal in ’n hofgeding wat dié twee nieregeringsorganisasies oor die geldigheid van Sassa se aanstelling van CPS as diensverskaffer ingedien het.

Ek sê nie sy moes Dlamini skuldig bevind het nie, maar dit gaan oor ’n kwessie waaroor die hof ’n bevinding gemaak het en iemand wat deur dieselfde hof oor haar rol berispe is.

Die hof het ook beslis dat die nasionale vervolgingsgesag die moontlikheid moet ondersoek of Dlamini weens meineed vervolg moet word omdat sy waarskynlik onder eed oor die sage gelieg het.

Dlamini het vroeër vanjaar in haar bedankingsbrief as ANC-LP onder meer gesê daar is van haar die “sondebok” in die CPS-sage gemaak en dat “sommige deur hul vroue” wins gemaak het uit die CPS-kontrak.

Ralph Mathekga, politieke ontleder, het Woensdag in reaksie op Mkhwebane se bevinding gesê dit “gaan die verstand te bowe” dat die OB Dlamini nie eens berispe het vir haar rol in die Sassa/CPS-sage nie”.

“Ek sê nie sy moes Dlamini skuldig bevind het nie, maar dit gaan oor ’n kwessie waaroor die hof ’n bevinding gemaak het en iemand wat deur dieselfde hof oor haar rol berispe is.”

Volgens Mathekga dra Mkhwebane se jongste bevinding ook by tot kommer onder sommige landsburgers dat sy gretig is om negatiewe bevindinge teen sekere mense te maak, maar nie teen ander nie. “Hierdie verslag sal heel waarskynlik ook in ’n hof hersien word.”

* Intussen het Lynette Maart, direkteur van die Black Sash, Corruption Watch Woensdag geloof vir sy suksesvolle hofgeding waarin die appèlhof Maandag beslis het dat CPS sowat R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal.

Meer oor:  Bathabile Dlamini  |  Sassa  |  Ob  |  Openbare Beskermer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.