Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘OB tree soos gekaapte persoon op,’ sê SAKP
Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer.Foto: Argief

Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, moet die versoeking weerstaan om haar amp te gebruik om populistiese en faksiepolitiek te bevorder, sê die SAKP.

Die SAKP het Donderdag in ’n verklaring gereageer op Mkhwebane se beroep op pres. Jacob Zuma vir ’n wydlopende ondersoek na staatskaping in plaas daarvan om net te fokus op die kwessies wat haar voorganger, adv. Thuli Madonsela, in haar verslag oor staatskaping genoem het.

Haar optrede is soos dié van ’n gekaapte persoon wat owerheidsmag gebruik om faksiepolitiek te ondersteun. So kan sy die kantoor van die OB in oneer bring, lui die verklaring.

“Om die regte feite te stel: Die kommissie wat dié week deur pres. Jacob Zuma aangekondig is – omdat hy geen ander keuse gehad het as om toe te gee nie – is aangestel regstreeks as gevolg van die regstellende aksie wat haar voorganger voorgeskryf het.”

Luidens die verklaring is Madonsela se verslag, “The state of capture”, kategories oor die verwysingsraamwerk van die kommissie en die tyd wat dit moet neem om die werk te voltooi.

“Die president het die mag om ’n kommissie van ondersoek aan te stel, maar die president het gesê hy kan nie die evaluering self doen nie uit vrees dat hy as bevooroordeeld in sy eie saak beskou sou word.”

Die EFF het ook die OB gekap oor haar uitsprake.

Muyiseni Ndlozi, partywoordvoerder, het volgens Timeslive gesê Mkhwebane “moet leer om stil te bly”.

“Elke keer wat sy praat, skend sy die reputasie van die agbare kantoor van die OB,” het hy in ’n verklaring gesê.

Meer oor:  Adv. Busisiwe Mkhwebane  |  Eff  |  Ondersoek Na Staatskaping  |  Politiek  |  Sakp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.