Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gordhan het Grondwet oortree, bevind OB
Pravin Gordhan

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het die Grondwet oortree met die stigting van 'n afsonderlike intelligensie-eenheid in die Suid-Afikaanse Inkomstediens (SAID).

Dit was net een van verskeie verdoemende bevindinge teen Gordhan wat adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), Vrydag op 'n nuuskonferensie in Pretoria bekend gemaak het.

Mkhwebane het bevind Ivan Pillay van die SAID het met Gordhan se goedkeuring hierdie sogenaamde spioenasie-eenheid onwettig gestig. Sy het ook bevind dat Oupa Magashula, voormalige kommissaris van die SAID, onder eed vir haar gejok het oor die bestaan van hierdie eenheid. Verder sê sy in haar bevindinge Gordhan het die etiese kode van die uitvoerende gesag oortree deur die parlement om die bos te lei oor 'n ontmoeting met Ajay Gupta.

Mkhwebane het pres. Cyril Ramaphosa gevra om dissiplinêre stappe teen Gordhan te doen in verband met sy oortreding van die Grondwet sowel as die etiese kode vir die uitvoerende gesag. Sy het ook aanbeveel dat 'n strafregtelike ondersoek teen Gordhan, Pillay en ander amptenare gedoen word wat by die intelligensie-eenheid betrokke was.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

ob
Die bevindinge.
ob
Die bevindinge.
ob
Die bevindinge.
ob
Die bevinding.
ob
Die bevinding.
ob
Die bevinding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.