Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OG kan oortreders gou self by Valke verkla

Die ouditeur-generaal (OG) sal binnekort bemagtig word om onder meer self oortreders wat in sy ouditprosesse van munisipaliteite landwyd uitgewys word, na die Valke of ander wetstoepassingsagentskappe vir moontlike vervolging te verwys.

Vincent Smith, voorsitter van die parlement se staande komitee oor die OG, het Woensdag so op ’n nuuskonferensie by die parlement gesê toe Kimi Makwetu, die OG, sy ouditverslag vir munisipaliteite vir die 2016-’17-boekjaar uitgereik het.

Kimi Makwetu

Die verslag skets weer eens ’n droewige prentjie oor die stand van Suid-Afrika se sowat 257 munisipaliteite en 21 munisipale entiteite, omdat net 33 of 13% van hulle skoon oudits gekry het omdat hulle in staat was om finansiële state en prestasieverslae van goeie gehalte vir die ouditprosesse te lewer, terwyl dit ook aan alle toepaslike wetgewing voldoen het.

Verder het 45 munisipaliteite se oudituitslae agteruitgegaan. Sowat 16 munisipaliteite s’n het verbeter.

Makwetu het met die uitreiking van sy verslag gesê dat munisipaliteite in die land steeds dieselfde aanspreeklikheids- en bestuursprobleme ervaar wat sy kantoor al so ver terug as die 2011-’12-boekjaar uitgewys het. “Daar was geen betekenisvolle positiewe verandering na geloofwaardige oudituitslae nie. In plaas daarvan sien ons eerder ’n ommekeer in oudituitslae,” sê Makwetu.

Smith sê dat die parlement Dinsdag wysigings aan wetgewing wat die OG reguleer, aanvaar het, en dat dit so gou moontlik in werking gestel sal word. Een van hierdie wysigings is om onder meer die OG voortaan “meer tande” te gee om self teen oortreders in munisipaliteite op te tree deur hulle na die relevante wetstoepassingsowerhede soos die Valke vir ondersoek en vervolging te verwys.

Nog berigte volg namate daar verdere verwikkelinge is.

Meer oor:  Valke  |  Kimi Makwetu  |  Munisipaliteite  |  Ouditeur-Generaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.