Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Olimpiese span weerspieël nie SA demografie – Mthethwa

Suid-Afrika se span by die Olimpiese spele in Tokio weerspieël nie die land se demografie nie.

Nathi Mthethwa, minister van sport, sê dit is daarom dat die regering Suid-Afrika se atletiekfederasies gevra het om transformasie te versnel.

“Selfs voordat die Olimpiese span weg is, het ons dit gevra. ’n Span wat Suid-Afrika verteenwoordig, moet sy demografie ook verteenwoordig,” het hy Donderdagoggend op ’n nuuskonferensie gesê.

Hy sê transformasie moet op en van die veld af geskied.

“Mense sê ons moenie politiek by sport inbring nie. Ja, maar ons moet die nalatenskap van politiek in sport hanteer. Die nalatenskap van apartheid,” sê Mthethwa.

Hy sê die Olimpiese span het ook nie na wense in Tokio presteer nie.

Volg Netwerk24 vir meer.

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - JUNE 17: Minister of
Nathi Mthethwa, minister van kuns, sport en kultuur, op 17 Junie in Johannesburg. Foto: Gallo Images
Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Nathi Mthethwa  |  Transformasie  |  Sport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.