Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Omkoop-bewerings: Hou Gwede aanspreeklik, vra Sanef

Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) het pres. Cyril Ramaphosa en die parlementêre komitee oor etiek en ledebelange versoek om Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, aanspreeklik te hou vir sy bewering dat hy twee joernaliste omgekoop het.

Vroeër is berig dat Mantashe beweer het dat hy twee joernaliste van die Sunday World R70 000 betaal het om sy beweerde sekseskapades met ’n student uit die koerante te hou. Hy het egter later dié bewering teruggetrek.

Die DA het reeds gevra dat die etiekkomitee Mantashe, die ANC se nasionale voorsitter en ’n LP, moet ondersoek.

Dit was nadat die Sunday World berig het dat die getroude Mantashe en die ongetroude Tito Mboweni, minister van finansies, glo in ’n liefdesdriehoek met ’n 26-jarige student van Pretoria gewikkel is.

Sanef, wat op 29 Oktober oor die kwessie aan Ramaphosa geskryf het, het Woensdag in ’n verklaring gesê hy het weer aan die president geskryf en hom gevra om Mantashe vir sy uitlatings aanspreeklik te hou.

“Minister Mantashe het steeds nie om verskoning gevra vir sy stelling dat hy joernaliste by die Sunday World omgekoop het om ’n berig oor sy persoonlike lewe uit die koerante te hou nie. Ons neem wel kennis dat hy die stelling teruggetrek het.

“Dit is vir Sanef ’n ernstige saak en ons sal voortgaan om antwoorde te soek. Ons het ook aan die parlementêre etiekkomitee geskryf en gevra dat dié komitee ’n sitting hieroor hou.”

Sanef het ook daarop gewys dat die paneellede van die organisasie se onafhanklike ondersoek na media-etiek en geloofwaardigheid, onder leiding van regter Kathy Satchwell, bevestig het dat hulle Mantashe sal nader om ’n voorlegging te doen.

“Sanef is van mening dat hy die joernaliste by die Sunday World, die koerant, alle joernaliste wie se reputasie hierdeur geskaad is en die Suid-Afrikaanse publiek om verskoning moet vra.

“Sanef dink bruinkoevert-joernalistiek (waar joernaliste betaling vir beriggewing ontvang) is ’n euwel wat nie in enige vorm geduld kan word nie.”

Sanef het organisasies en die publiek wat bewyse het van etiese oortredings in die media aangemoedig om voorleggings aan die Satchwell-paneel te doen.

Voorleggings kan aan panel@mediainquiry.co.za gestuur word. Die sperdatum is 31 Januarie 2020.

Meer oor:  Sanef  |  Cyril Ramaphosa  |  Cyril Ramaphosa  |  Omkopery-Bewering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.