Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ondersoek na staatskaping ‘mors van tyd’, sê Zuma

Daar is geen staatskaping nie en studente moenie alles sluk wat hulle gevoer word nie, het oudpres. Jacob Zuma Woensdag gesê.

Hy was ’n gasspreker op die kampus van die Walter Sisulu-Universiteit in Mthatha.

Wat hom betref, is die ondersoek na staatskaping ’n mors van tyd, want die staat is nie gekaap nie.

“Wat is ’n staat? Die staat bestaan uit drie dele. Is die parlement gekaap? Is die regbank gekaap? Is die uitvoerende gesag gekaap?

“Hierdie is net politieke vrae, selfs as mense dit probeer beskryf, en nog erger as hulle getuig. Dit is individue, geen enkele arm van die staat is gekaap nie.”

Oudpres. Jacob Zuma kort voordat hy sy toespraak op die kampus van die Walter Sisulu-Universiteit gelewer het.Foto: Lulama Zenzile
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.