Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ongelykheid van geleenthede moet reggestel word, sê DA

Die DA glo dat die historiese ongelykhede van die verlede reggestel moet word, maar dat dit moet gepaardgaan met ’n hegte verbintenis tot versoening en ’n verbintenis om te verseker dat die ongelykheid van geleenthede wat ’n kenmerk van Suid-Afrika se apartheid-verlede was, nie ook ’n kenmerk van die hede of die toekoms is nie.

So lui die party se beleid oor regstelling wat Saterdagoggend deur meer as 200 afgevaardigdes by sy aanlyn beleidskonferensie aanvaar is. Die beleid is een van talle van die DA se beleidsdokument oor waardes en beginsels wat tot dusver by die tweedaagse konferensie – wat Sondag eindig – aanvaar is.

Die aanvaarde beleid lui verder dat regstelling verwys na die behoefte om ’n onregverdige situasie reg te stel.

“Ons verlede is besaai met ontelbare ongeregtighede wat uit konflikte in die verlede en die rasseskeidingsbeleid van apartheid spruit.

“Dit sluit in gedwonge verskuiwings, werkreservering, aanhouding sonder verhoor, ongelykhede in onderwys en konsentrasiekampe. Die gevolge van hierdie ongeregtighede bestaan steeds en word vererger deur swak regering en word weerspieël in die hoë vlakke van armoede, werkloosheid en algemene ongelykheid in geleenthede.”

Dr. Ivan Meyer Foto: SON

Dit lui verder dat beleide wat ongelykheid in geleenthede moet takel en wat ingrypings in onderwys, gesondheidsorg, die ekonomie en veiligheid en sekuriteit insluit, altyd sentrale pilare van die DA se program van aksie sal wees.

Hierdie verbintenis tot gelyke geleenthede is vir die party so diepgaande dat dit weerspieël word in sy visie vir ’n “ope-geleentheid-samelewing vir almal”.

“Die DA sal daarna streef om die verlede te oorkom en om ’n regverdige en gelyke toekoms te skep,” lui die beleid.

Dr. Ivan Meyer, tussentydse federale DA-voorsitter, het teen middagete Saterdag gesê dat die konferensie tot dusver in goeie gees verloop en dat die oggend-gedeelte daarvan “produktief en vrugbaar” was.

“Vanoggend het ons die DA se grondbeginsels herbevestig ten opsigte van konstitusionele demokrasie, oppergesag van die reg, die onderskeid tussen party en staat, nierassigheid, versoening en diversiteit.

“Die herstel van historiese ongelykhede en versoening is bevestig as pilare van die DA se beleid. Daar is nou groter beleidsekerheid en -konsensus by die beleidskonferensie,” het Meyer gesê.

Die konferensie duur voort.

* Volg Netwerk24 vir meer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.