Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Amnestie Internasionaal ondersoek onluste in SA

Die onluste wat in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het, dui daarop dat Suid-Afrika misluk het om mense se lewe te beskerm.

So het Amnestie Internasionaal SA Woensdag in ’n mediaverklaring gesê. Die nasionale veiligheidsraad moet volle aanspreeklikheid aanvaar vir die dood van die 215 mense in die plundery en geweld.

Die menseregteorganisasie het ook bevestig hy ondersoek die regering se onmiddellike reaksie op die situasie en hoekom wetstoepassers traag gereageer het.

Hy eis dat die grootkoppe in die veiligheidsektor rol.

“Die regering moet bekend maak wat hy geweet het in die dae voordat die geweld uitgebreek het,” sê Shenilla Mohamed, uitvoerende direkteur van Amnestie Internasionaal in Suid-Afrika.

“Die minister van staatsveiligheid (Ayanda Dlodlo) is op rekord waar sy sê hulle het inligting ontvang en dit aan die polisieminister (Bheki Cele) deurgegee, maar dat daar nie opgetree is nie.”

Daar was volgens Amnestie Internasionaal duidelike aanduidings van die broeiende geweld nog voordat oudpres. Jacob Zuma op 8 Julie sy gevangenisstraf begin uitdien het.

“Voordat die voormalige president na die Estcourt-gevangenis geneem is, het sy ondersteuners reeds paaie in dele van KwaZulu-Natal versper.

“Eers vier dae later, op 12 Julie, is polisielede wat met verlof was, gevra om terug te keer en is die weermag om hulp genader. Maar die weermag is nie onmiddellik na die onluste gestuur nie en steeds was daar teen 20 Julie slegs 2 500 weermaglede in KwaZulu-Natal, waar die geweld begin het.”

’n Weermagvoertuig op patrollie in Durban op 16 Julie. Foto: Reuters

Die organisasie sê inwoners moes dus noodgedwonge hulself beskerm.

Sy sê Dlodlo en Cele het op 13 Julie ontken dat hulle in gebreke gebly het om hul werk te doen, maar sy dink dit het duidelik geword dat die ministers mekaar op nuuskonferensies weerspreek het oor hoekom dit so lank gevat het om die situasie onder beheer te bring.

Amnestie Internasionaal sê hy ondersoek wat gebeur het en voel die regering en die betrokke ministers moet verantwoordelikheid neem vir wat gebeur het.

“Ons wil ’n beroep op die regering doen om volle aanspreeklikheid vir die onluste, sterftes en plundery te aanvaar. Diegene wat verantwoordelik is vir die geweld en plundering, moet verantwoordbaar gehou word in regverdige verhore.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.