Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Onluste dra by tot besluit oor staatsveiligheid’ - kenners

Pres. Cyril Ramaphosa se besluit om die departement van staatsveiligheid onder die presidensie te plaas, hou beslis verband met die onlangse onluste en geweld wat in KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het.

Die is die mening van drie politieke kenners wat kort ná Ramaphosa se aankondiging Donderdagaand met Netwerk24 gepraat het.

Grootskaalse onluste en geweld het in dié provinsies uitgebreek kort nadat oudpres. Jacob Zuma op 7 Julie by sy Nkandla-woning in hegtenis geneem is. Talle winkels is geplunder, infrastruktuur is beskadig en paaie is versper. Meer as 340 mense is ook tydens die onluste dood.

Zuma-lojaliste en lede van die Radikale Ekonomiese Transformasie (RET)-faksie het intussen ontken dat Zuma se inhegtenisneming enigsins verband hou met die onluste wat uitgebreek het.

Prof. Theo Neethling, ’n politieke en militêre kenner verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), sê die besluit oor staatsveiligheid hou beslis verband met die onlangse onluste en geweld, veral in KwaZulu-Natal.

“Die besluit is heel moontlik geneem omdat intelligensiedienste nie suksesvol opgetree het nie. In dié geval het die president die regte besluit geneem.”

Hy sê die aanstelling van Sydney Mufamadi as staatsveiligheidsadviseur is ook ’n wyse besluit.

Theo Venter, politieke kenner verbonde aan die Noordwes-Universiteit (NWU), stem saam dat Ramaphosa dié besluit oor staatsveiligheid geneem het weens die drama in KwaZulu-Natal en Gauteng.

“Dit is ’n duidelike reaksie op die onlangse onluste,” sê hy.

Die besluit is heel moontlik geneem omdat intelligensiedienste nie suksesvol opgetree het nie. In dié geval het die president die regte besluit geneem.

Dr. Ralph Mathekga, ’n politieke ontleder, stem saam en sê dit is duidelik dat Ramaphosa bekommerd is oor sy veiligheidsgroepering.

“Die feit dat die departement van staatsveiligheid nou onder die presidensie val, dui daarop dat Ramaphosa geen kanse wil vat nie, veral nie ná die onluste nie.”

Hy sê deur die departement van staatsveiligheid in die presidensie te setel “gee dit Ramaphosa die mag om vinnig besluite te neem as dit nodig sou wees”.

Meer oor:  Kabinetskommeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.