Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Veg vir dít wat reg is; ANC onder beleg – Niehaus

Ace Magashule, tydelik geskorste sekretaris-generaal van die ANC, het Donderdag vir Carl Niehaus gestuur om sy ondersteuners voor die hooggeregshof in Johannesburg toe te spreek.

Carl Niehaus, woordvoerder van die Umkhonto we Sizwe-militêre-veterane-vereniging, spreek Donderdag die skare toe wat vreedsaam voor die hooggeregshof in Johannesburg betoog het. MK-lede het die platform afgesper van waar hy die mense toegespreek het. Foto: Melinda Stuurman

Magashule vra die hof om sy tydelike skorsing tersyde te stel omdat dit volgens hom teenstrydig met die Grondwet is.

Niehaus, woordvoerder van die Umkhonto we Sizwe-militêreveteranevereniging, is luid deur die sowat 100 ondersteuners toegejuig toe hy die skorsing as ’n smeerveldtog afgemaak het.

Volgens die organiseerders is die skare beperk weens die derde vlaag van koronavirusinfeksies. Veral in Gauteng versprei die virus soos ’n veldbrand.

Die polisie en metropolisie het ’n wakende oog oor die vreedsame betogers gehou en die straat voor die hofgebou is afgesper.

Niehaus het gesê die ANC is onder beleg en daar moet geveg word vir wat reg en verkeerd is. Volgens hom het Magashule ’n sterk saak.

“Geen propaganda sal ons verhoed om faksionalisme en onregverdigheid in ons party uit te roei nie.”

Hy het uit ’n verklaring gelees wat deur Magashule se regspan voorberei is.

Ondersteuners van Ace Magashule, tydelik geskorste sekretaris-generaal van die ANC, betoog Donderdag vreedsaam voor die hooggeregshof in Johannesburg. Foto: Melinda Stuurman
Ons is diep bekommerd oor die integriteit van die ANC.

In sy hoedanigheid as MK-woordvoerder het Niehaus bygevoeg dat daar groot kommer is oor die ANC as politieke party.

“Ons is diep bekommerd oor die integriteit van die ANC.”

’n Groep vreedsame betogers het Donderdag opgedaag om hul steun te wys vir Ace Magashule, tydelik geskorste sekretaris-generaal van die ANC. Foto: Melinda Stuurman

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee gebruik sy eie reëls selektief teen sy lede, en dit is onaanvaarbaar, is aangevoer.

Ntandoyenkosi Nkosentsha Shezi, wat homself beskryf as ’n ANC-lid, het bygevoeg Magashule word nie net in sy private hoedanigheid ondersteun nie.

“Ons wil ook die kantoor van die sekretaris-generaal beskerm,” het Shezi aan die skare gesê.

Sy ingrypingsaansoek om as party tot Magashule se hofaansoek gevoeg te word, is Donderdag van die hand gewys.

Hy het ’n beroep op die ondersteuners gedoen om nie te laat slap lê nie en terug te kom om Magashule te ondersteun.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.