Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Ons gedagtes is by KZN’ – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag op ’n besoek aan die rampgebiede in KwaZulu-Natal mense van dié vloedgeteisterde provinsie versoek om versigtig te wees.

Pres. Ramaphosa besoek Amanzimtoti, een van die gebiede waar die hewige storms grootskaalse skade aangerig het.Foto: KZNCogta

“Ons gedagtes is by die mense in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap wat geraak word. Ek doen ’n beroep op diegene wat daar woon om in dié tyd selfs versigtiger te wees,” het Ramaphosa in ’n twiet gesê.

Volgens Senzo Mzita, woordvoerder van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal, sal Ramaphosa Woensdag gemeenskappe in onder meer Amanzimtoti, Umlazi, Chatsworth en Clermont besoek.

“Soek-en-reddingsoperasies sal vandag voortduur. Opruimingswerk word ook tussendeur gedoen, maar die prioriteit is om vermiste mense op te spoor,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, gesê.

Ramaphosa het Woensdag tydens ’n besoek aan van die rampgebiede in KwaZulu-Natal mense van dié vloedgeteisterde provinsie versoek om versigtig te wees. Foto: KZNCogta

Die provinsiale rampbestuurseenheid het intussen tydelike tente opgerig vir mense wat haweloos deur die vloede gelaat is. Sommige mense word ook in plaaslike gemeenskapsale gehuisves. Talle het hul huise en besittings in die vloede verloor.

Intussen het dr. Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, ’n beroep gedoen op die familie en naasbestaandes van die 51 mense wat tot dusver in die vloede omgekom het, om hul geliefdes by staatslykhuise te identifiseer. “Maatskaplike werkers en geestelike beraders is byderhand om bystand te verleen aan diegene wat mense aan die dood afgestaan het,” het Dhlomo gesê.

Ramaphosa sou Woensdag gemeenskappe in onder meer Amanzimtoti, Umlazi, Chatsworth en Clermont besoek.Foto: KZNCogta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.