Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Ons hoop Ace word nie naweek uitgeskop’
Ace Magashule Foto: Argief
Vusi Thabalala, hoofsweep van die ANC in die Vrystaatse wetgewer. Foto: Argief
Dr. Ralph Mathekga, onafhanklike politieke ontleder. Foto: Argief

“Ons sit nie op spelde en wag nie, maar hoop Ace Magashule, voorlopig geskorste sekretaris-generaal van die ANC, word nie die naweek finaal geskors omdat hy die president ‘geskors’ het nie,” sê Vusi Thabalala, hoofsweep van die Vrystaatse wetgewer.

Thabalala, ’n vriend van Magashule en oud-burgemeester van Maluti-a-Phofung (Qwaqwa, Harrismith en Kestell), sê dit is maar “stillerig” in die Vrystaatse ANC.

“ ’n Klompie van ons was wel Vrydag in Lejweleputswa (die Wes-Vrystaat) in Welkom by Nkosinjani Speelman, die burgemeester, waar ons gepraat het oor die opsystaanreël, en het vir mekaar gesê dat dit vir almal moet geld.”

Dit is algemeen bekend dat Speelman ook ’n ondersteuner van die Magashule-faksie in die ANC is.

“Ons veg vir eenheid in die land en in die Vrystaat en sal eers besluit wat ons gaan doen as die ergste die naweek gebeur en Ace uit die party geskors word, maar ons dink nie dit gaan die geval wees nie. Ons verwag trouens dat daar nie veel gaan gebeur nie.

“Ons sal beslis nie gelukkig wees as dit gebeur nie. Ons veg nou net vir eenheid in die party.

“Sam Mashinini, oudvoorsitter van die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) – wat ontbind is ná ’n appèlhofuitspraak – en Magashule het die konstitusionele hof genader vir verlof tot appèl teen dié beslissing.

Ons veg vir eenheid in die land en in die Vrystaat en sal eers besluit wat ons gaan doen as die ergste die naweek gebeur en Ace uit die party geskors word, maar ons dink nie dit gaan die geval wees nie. Ons verwag trouens dat daar nie veel gaan gebeur nie.

Die appèlhof het beslis die ANC se provinsiale konferensie op 18 en 19 Mei 2018 in Bloemfontein was “ongrondwetlik en onwettig”. Dit het outomaties daartoe gelei dat die PUK wat daarop verkies is, nou ontbind is.

Sello Pietersen, woordvoerder vir Sisi Ntombela, die Vrystaatse premier, sê die premier gaan niks sê oor wat op nasionale vlak tussen Ramaphosa en Magashule gebeur nie.

Die premier sê in ’n verklaring dat sy Sondag ’n afvaardiging vir Moedersdagvierings in die Vrystaat lei na minderbevoorregte en arm gebiede in die provinsie.

Ek kan my nie indink dat daar nie ’n verdere sanksie teen Magashule ingestel sal word nie. Dit is so eenvoudig soos dit: Daar sal ’n verdere sanksie moet kom.

Thabo Meeko, amptelike woordvoerder van die Vrystaatse ANC, het nog nie sy telefoon beantwoord nadat die drama op nasionale vlak in die ANC uitgebreek het nie.

Dr. Ralph Mathekga, onafhanklike politieke ontleder, sê daar lê die naweek ’n reuse-uitdaging vir die ANC voor oor hoe hy sy probleme gaan oplos sonder om verdere verleentheid te veroorsaak.

“Ek kan my nie indink dat daar nie ’n verdere sanksie teen Magashule ingestel sal word nie. Dit is so eenvoudig soos dit: Daar sal ’n verdere sanksie moet kom.”

Meer oor:  Ace Magashule  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.