Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Ons moet buite Grondwet dink oor grond’ – ontleder

Omdat die argitekte van apartheid geweet het daar sou eendag ’n swart regering in Suid-Afrika wees, het hulle dié stelsel só ingewikkeld gemaak, dat dit moeilik sou wees om hom uitmekaar te haal.

Mosiuoa Lekota

Die politieke ontleder prof. Sipho Seepe het op ’n debatbyeenkoms oor grondhervorming en onteiening sonder vergoeding by Unisa in Pretoria gesê Suid-Afrika het tot dusver gefaal in sy poging om die logika van apartheid te verdryf.

Seepe het gesê swart Suid-Afrikaners was bloot oortreders in hul eie land.

Hoewel dit ’n byeenkoms van Unisa se departement menswetenskappe was, het dit soms gelyk of dit eerder ’n EFF-byeenkoms was.

Lede van die EFF en die organisasie Black First Land First in die gehoor het mense soos Mosiuoa Lekota, die Cope-leier, uitgejou wanneer hulle nie met hul standpunte saamgestem het nie.

Van die sprekers was ook baie krities oor die ANC.

Daar was geen verteenwoordigers van die georganiseerde landbou nie.

Seepe het gesê “ons het ’n ANC-regering wat ‘links praat, maar regs loop’. Die ANC is dalk in regering, maar hy het nie die mag nie.”

“Die regering kon nog nie die kwessie van grondeise suksesvol pak nie. Dit sal nog 35 jaar neem om die huidige eise af te handel.

“Dit kan nie so aangaan nie. Ons kort ’n nuwe radikale benadering tot grond,” het Seepe gesê.

Ons kort ’n nuwe radikale benadering tot grond.

Volgens hom is die doel van die Grondwet om probleme op te los.

“As hy dit nie regkry nie, moet hy aangepas word. Die Grondwet moet ook van so ’n aard wees dat elke eis nie in die hof eindig nie,” het Seepe gesê.

“Die Grondwet is daar vir ons, die mense. Ons is nie daar vir die Grondwet nie.

“Ons het vasgevang geraak binne die logika van apartheid. Dit is tyd dat ons buite die Grondwet moet begin dink. Ons moet radikaal wees,” het Seepe gesê.

Themba Godi, leier van die African People’s Convention, het gesê sonder grond kan niemand behoorlik vry wees nie.

“Die wit mense het hulself deur grond verryk – deur landbou en mynbou,” het hy onder toejuiging gesê.

Larry Varrie van die Greater Aboriginal Community Council, het tot groot ontsteltenis van die EFF-lede gesê die grond in die land behoort aan “die Khoisan en die Boesmans”.

Varrie het gesê hy vra “elke wit mens met integriteit om hul grond terug te gee.”

Hy het hard na die ANC-regering gekap en hom daarvan beskuldig dat hy die mense die afgelope 24 jaar verraai het.

Dieselfde geld ook ander politieke partye.

“Ek is hier om vir die wit mense te sê ‘gee terug my land. En ek is hier om vir die swartes te sê ‘dis tyd dat jy my taal begin praat’.

“Ons wil hê ons grond moet binne 12 maande teruggegee word. Ek gee hiermee kennis aan die regering,” het Varrie gesê.

Ronald Lamola, ’n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, is ook uitgejou toe hy die ANC se standpunt oor onteiening sonder vergoeding gestel het.

Meer oor:  Unisa  |  Grondwet  |  Grondbesetting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.