Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Onteiening: Komitee sal spertyd haal

Alle Suid-Afrikaners sal die kans kry om insette te lewer oor die konsepwetsontwerp wat die Grondwet moet wysig om onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te kan maak.

Dr. Mathole Motshekga, voorsitter van die ad hoc-komitee wat dié proses bestuur, het Vrydag dié versekering gegee nadat die komitee weer in die parlement vergader het.

Dr. Mathole Motshekga Foto: DAILY SUN

Motshekga het ook herbevestig dat die komitee sy spertyd van 31 Maart 2020, wat die parlement aan hom voorgeskryf het om sy werk te voltooi, sal haal.

“Om die beginsel te handhaaf dat Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie sowel verteenwoordigend as deelnemend is, sal die komitee verseker dat landsburgers die reg gegun word om hul insette te lewer.

“Die komitee herbevestig dat hy nie ’n monopolie oor wysheid het nie, en plaaslike en internasionale kundiges by sy werk sal betrek,” het Motshekga in ’n verklaring ná die vergadering gesê.

Volgens hom sal ’n voorbereidende werksessie volgende maand gehou word.

Verder sal die komitee ook tot middel Desember vergader om te verseker dat dit die spertyd haal en terselfdertyd die proses bespoedig.

“Die komitee het saamgestem dat die openbare verhore wat in die vyfde parlementêre termyn plaasgevind het, wat die wenslikheid of andersins van die wysiging van die Grondwet moes ondersoek, nie die komitee se toewyding tot voldoende en inklusiewe openbare verhore verminder nie.

“Ons sal ook daarna streef om die volle deelname aan die proses deur politieke partye, hoe klein ook al, en soveel LP’s as moontlik, te verseker,” het Motshekga gesê.

Meer oor:  Politiek  |  Grondondeiening  |  Grondwet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.