Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Onteiening sonder vergoeding sal nie in 100 jaar gebeur’

Agri SA sê hy verwelkom oudpres. Kgalema Motlanthe se uitlating dat grondonteiening sonder vergoeding nooit ’n werklikheid sal word nie.

Oudpres. Kgalema Motlanthe. Foto: GCIS

“Dit sal nie in ’n honderd jaar gebeur nie, dit kan ek julle verseker,” het die oudpresident volgens ’n berig van die SAUK verlede Vrydag op ’n eiendomsberaad in Sandton, Johannesburg, gesê.

Motlanthe was baie krities oor die parlement se reaksie op sy en ’n hoëvlakpaneel se aanbevelings oor hoe grondhervorming moet geskied.

Een van die paneel se aanbevelings was dat dit nie nodig is om artikel 25 van die Grondwet te verander om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak nie. Die paneel sê die Grondwet maak reeds voorsiening vir onteiening sonder vergoeding.

Motlanthe sê parlementslede “het in hul wysheid besluit artikel 25 is nie duidelik genoeg nie”.

Daarom wil hulle die Grondwet wysig om dit baie duidelik te maak daar sal onteiening sonder vergoeding wees.

Hy het ook gesê hy is seker daarvan die parlementslede het nie die hoëvlakpaneel se verslag, wat al in 2017 uitgereik is, gelees nie.

Hy het volgens Moneyweb ook gesê die politieke leiers wat by die proses betrokke is, mors hul tyd.

“Hulle (die parlementslede) het werksessies gehou en voorgegee hulle luister na die mense, maar ek kan u verseker teen April volgende jaar sal hulle terugkom en sê dit (die verandering van die Grondwet) is nie ’n goeie idee nie. Hulle sal ’n ompad vind.”

Die oudpresident en sy paneel het in hul verslag bevestig die probleme met grondhervorming lê hoofsaaklik by die staat.

Hulle het daarop gewys dat korrupsie, onbevoegde amptenare, die gebrek aan oordrag van eiendomsreg en die bevoordeling van regeringslede die grootste probleme is.

Annelize Crosby, Agri SA se grondhoof, het by navraag gesê Agri SA verwelkom Motlanthe se uitlating.

Ons standpunt is ook dat die wysiging van artikel 25 onnodig is en ons glo dat dit ernstige nagevolge kan hê.

Agri SA is van mening dat die hoëvlakpaneel se verslag die gesaghebbendste verslag oor grondhervorming is.

Agri SA stem tot ’n groot mate met die bevindinge van die verslag saam.

“Ons standpunt is ook dat die wysiging van artikel 25 onnodig is en ons glo dat dit ernstige nagevolge kan hê,” sê Crosby.

Dr. Theo de Jager, voorsitter van die landbou-organisasie Saai, waarsku daar is geen rede om te glo die ANC is nie ernstig om onteiening sonder vergoeding ’n werklikheid te maak nie.

“Verduidelikings (van die regering) wat die afgelope maand by die Verenigde Nasies (VN) en sy agentskappe gemaak is dat net onderbenutte staatsgrond vir onteiening sonder vergoeding geteiken sal word, is pure oëverblindery. “Staatsgrond kan nie onteien word nie, want dit behoort reeds aan die staat, en niemand in die ANC het nog aangedui dat hulle private eiendom, of veral plase, in die beoogde grondwetwysiging wil uitsluit nie,” sê De Jager.

Dr. Mathole Motshekga (ANC), voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee wat dié proses bestuur, het verlede week die versekering gegee alle Suid-Afrikaners sal die kans kry om insette te lewer oor die konsepwetsontwerp wat die Grondwet moet wysig.

Motsheka kon nie Dinsdag vir kommentaar bereik word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.