Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Onthulling wys Ace móét voor Zondo getuig, sê DA

’n Hernieude beroep op Ace Magashule, ANC sekretaris-generaal, om voor die Zondo-kommissie van ondersoek oor die “Vrystaatse staatskaping” te getuig, het Sondag opgeklink.

Dit volg ná ’n onthulling deur Mxolisi Dukwana, ’n voormalige Vrystaatse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, dat Tony Gupta hom R2 miljoen per maand vir tien jaar aangebied het vir ’n regeringstransaksie wat die omstrede familie beheer oor ’n belegging van R41 miljard sou gegee het.

Magashule, voormalige Vrystaatse premier, wat vroeër reeds sy bereidwilligheid aangedui het om voor die kommissie te verskyn, het egter in ’n verklaring gesê Dukwane se bewerings is nie net “ongegrond en kwaadwillig” nie, maar is ook “gegrond op versinsels wat te betreur is”.

Daarenteen het die DA Sondag gesê die jongste onthulling weerspieël hoe diep die verrotting van staatskaping gestrek het en weer eens ’n beroep op Magashule gedoen om voor die kommissie te verskyn.

Die beweringe is niks anders as ’n poging om karaktermoord te bevorder nie en lei die aandag af van die onmiddellike taak van eenheid en hernuwing.
Magashule

Dukwana het aan City Press gesê Tony Gupta het vir hom R2 miljoen dadelik sowel as ’n verdere R2 miljoen aangebied vir elke maand van die tien jaar wat die kontrak vir “New City or City of Tomorrow” in die Lejweleputswa-distriksmunisipaliteit in die Vrystaat sou duur. Die projek het volgens Dukwana egter nooit van die grond af gekom nie. Hy het na berig word die aanbod van die hand gewys.

Dukwana, wat in 2012 uit Magashule se kabinet verwyder is, het gesê hy is gereed om voor die Zondo-kommissie te getuig oor Magashule se rol in sy ontmoeting met Tony Gupta in 2011 in Saxonwold.

Gupta het volgens Dukwana in dié ontmoeting ’n voorbereide brief op ’n departementele briefhoof – wat na bewering deur hom (Dukwana) geskryf is – aan hom oorhandig om te onderteken. Al wat hy moes doen, was om die brief te teken en ’n maatskappy, Nulane Management Services, aan te stel as agent vir die kontrak.

Luidens die berig was Gupta geïrriteerd toe Dukwana aandui dat hy nie die brief kon onderteken nie omdat dit die verantwoordelikheid van die departementshoof is. Gupta het luidens die berig hom toe aangesê om die departementshoof af te dank.

Magashule het volgens Dukwane “sorgeloos en ontspanne” in dieselfde vertrek gesit. Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, was luidens die berig ook op die vergadering teenwoordig.

Patricia Kopane, Vrystaatse DA-leier, het Sondag in ’n verklaring gesê bewerings dat Magashule en Zuma teenwoordig was toe die aanbod aan Dukwane gemaak is, bied geloofwaardigheid aan die beroep deur die DA vir Magashule om voor die Zondo-kommissie te getuig. Sy het ’n beroep gedoen op meer mense om met inligting na vore te kom. Dukwane se besluit om die aanbod van die hand te wys is eerbaar, maar die bewerings toon volgens haar hoeveel steeds onbekend is oor die omvang van staatskaping.

Kopane het verder daarop gewys dat Magasule in verskeie skandale met die Gupta-familie verbind is, insluitend die beweerde korrupsie by die Vrede-suiwelplaas en geld wat die Vrystaatse regering aan die New Age se sakeontbyte bestee het.

Magashule het Saterdag in ’n verklaring gereageer op ’n News24-berig oor bewerings deur Dukwana dat hy hom na die Guptas geneem het om ’n transaksie van R140 miljoen te bespreek.

“Die beweringe is niks anders as ’n poging om karaktermoord te bevorder nie en lei die aandag af van die onmiddellike taak van eenheid en hernuwing.”

“Ons beweging se uitnodiging is bekend – insluitend aan ons eie kamerade – om voor die kommissie van ondersoek na staatskaping te verskyn en feite en inligting aan te bied wat ons almal kan bystaan om die kwessies van wanadministrasie en korrupsie te hanteer. Dit is nie duidelik waarom kameraad Dukwane verkies het om na die koerante te gaan en nie dié roete te volg nie.”

Meer oor:  Da  |  Zondo  |  Ace Maga­Shule
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.