Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Onverklaarbaar hoe Gordhan-verklaring uitlek’

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, sê dit is “onverklaarbaar” hoe sy beëdigde verklaring aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping aan die media uitgelek is.

Gordhan se kantoor het dit Donderdagoggend gesê nadat daar wyd oor die inhoud van die verslag berig is.

Hy is eers veronderstel om volgende week, op 15 November, daaroor voor die kommissie te getuig.

Adrian Lackay, Gordhan se woordvoerder, het in ’n kort verklaring verder gesê die ministerie is Donderdag oorval met media-navrae oor die aangeleentheid.

“Ons is egter, gegewe die regulasie wat die kommissie reguleer, nie in ’n posisie om daarop te reageer nie. Ons het daarom met die kommissie ooreengekom dat alle media-navrae oor hierdie aangeleentheid aan die kommissie van ondersoek gerig moet word,” lui die verklaring.

* Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.