Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Onvoldoende bewyse’ van komplot om VSA-gesant te vermoor
Lana Marks, die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika. Foto: Verskaf

Die Suid-Afrikaanse regering het Vrydag gesê daar is onvoldoende bewyse om die bewerings te bevestig dat daar ’n komplot is om die Amerikaanse ambassadeur in die land te vermoor.

Volgens die bewerings het Iran dit oorweeg om Lana Marks, Amerikaanse ambassadeur, te vermoor om die moord op genl. Kassem Soleimani, leier van Iran se magtige Koedsmag, vroeër vanjaar in ’n lugaanval te wreek.

“Op die oomblik is die inligting wat verskaf word nie voldoende om die bewerings te staaf dat daar ’n geloofwaardige bedreiging teen die Amerikaanse ambassadeur bestaan ??nie,” het Mava Scott, woordvoerder van die Staatsveiligheidsagentskap (SVA), Vrydagaand luidens ’n verklaring gesê.

“Die Suid-Afrikaanse regering neem alle bewerings van bedreigings ernstig op en daarom het ons die veiligheidsituasie en waaksaamheid verhoog. Dit is ons plig om alle diplomatieke sendings en hul personeel in Suid-Afrika te beskerm.”

Volgens Scott het amptenare bykomende inligting van die Amerikaanse regering versoek. “Sodra die inligting beskikbaar is, sal die feite hersien en weer beoordeel word.”

Amerika het vroeër die week gesê hy neem intelligensieverslae ernstig op dat ’n sluipmoordpoging op Marks beplan word.

Meer oor:  Lana Marks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.