Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Oorweldigende steun’ vir wysiging van Grondwet

’n Konsep- parlementêre verslag – wat nog nie finaal is nie – toon daar was “oorweldigende steun” vir die wysiging van die Grondwet en vir grondonteiening sonder vergoeding in die landwye openbare sittings oor dié kwessies.

Die 34 openbare sittings was een van die fases wat die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee onderneem het om insette by Suid-Afrikaners te kry oor of art. 25 – die eiendomsklousule van die Grondwet – gewysig behoort te word om voorsiening vir grondonteiening sonder vergoeding te maak.

Die ander fase was skriftelike voorleggings wat hoofsaaklik van organisasies, politieke partye en ander belanghebbendes ontvang is.

Die komitee het vroeër gehoor ’n voorlopige verslag toon dat uit die 149 886 geskrewe voorleggings wat deur ’n diensverskaffer ontleed is, is 59,6% oftewel 89 327 teen die wysiging van art. 25 gekant. Die res van die 780 000 geskrewe voorleggings was egter teen daardie tyd nog nie ontleed nie.

Dit blyk uit dié verslag dat daar “oorweldigende steun” vir die wysiging van die Grondwet is.

Die konsepverslag van die parlement oor die openbare sittings is Donderdag in die komitee ter tafel gelê. Die komitee het daarvan kennis geneem, maar geen besluit daaroor geneem nie. Dit is nog nie finaal nie.

Dit blyk uit dié verslag dat daar “oorweldigende steun” vir die wysiging van die Grondwet is. Sommige het geargumenteer dat die Grondwet ’n struikelblok vir grondonteiening sonder vergoeding is en daarom moet art. 25 gewysig word.

In breë trekke was daar drie menings van diegene wat ten gunste van die wysiging van die Grondwet is – dat titelaktes aan begunstigdes uitgereik word; alle grond genasionaliseer word en dat ’n meganisme vir die administrasie van kommunale grond onder tradisionele leierskap ondersoek word.

Die ware uitdaging is die vermorsing van hulpbronne deur korrupsie en wanadministrasie – geld wat gebruik kon word om grondhervorming te versnel, lui die verslag.

Ander het aan die hand gedoen dat die Grondwet in sy huidige vorm onder sekere omstandighede vir grondonteiening met geen vergoeding of onder markwaarde voorsiening maak.

In plaas van ’n wysiging aan die Grondwet, het sommige voorgestel dat die Onteieningswet van 1975 gewysig word om die omstandighede waaronder grond sonder vergoeding in die openbare belang onteien kan word, duidelik uitgestippel word.

Diegene wat gekant was teen die wysiging van die Grondwet, het aangevoer dat die gebruik van onteiening sonder vergoeding vir politieke doeleindes die regering se ondoeltreffendhede met betrekking tot grondhervorming verdoesel en dat die stadige pas van grondhervorming dus nie ’n grondwetlike probleem is nie.

Daarom is daar geen rede waarom die Grondwet gewysig moet word nie. Die ware uitdaging is die vermorsing van hulpbronne deur korrupsie en wanadministrasie – geld wat gebruik kon word om grondhervorming te versnel, lui die verslag.

Die diensverskaffer wat die geskrewe voorleggings ontleed het, sowel as parlementêre amptenare sal aanstaande week voorleggings aan die komitee oor hul bevindings doen.

Meer oor:  Vergoeding  |  Grondonteiening  |  Grondwet  |  Steun  |  Grondregte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.