Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Oorwinning van pandemie ‘ANC se grootste taak in 2021’

Die oorwinning van die Covid-19-pandemie moet die mees drukkende verantwoordelikheid van die ANC-regering in 2021 wees.

Dít is volgens pres. Cyril Ramaphosa die sleutelbesluit van die regerende party se lekgotla van drie dae, wat Sondag geëindig het.

Ramaphosa het bogenoemde Sondagaand gesê toe hy die slotrede by die lekgotla – wat hy as die belangrikste ANC-lekgotla in onlangse tye beskryf het – gelewer het.

Volgens hom is die afgevaardigdes herinner aan die moeilike, pynlike en ongekende tye waarin Suid-Afrikaners tans weens die pandemie leef.

Dit kon glo gesien word in die wyse waarop die afgevaardiges die besprekings benader het oor wat presies gedoen moet word deur wie, wanneer en met watter hulpbronne.

Dit vereis ’n intensiewe inentingsprogram, sowel as die versterking van verskeie voorkomingsmaatreëls en ons gesondheidstelsel.

“Die dringendheid van die implementering van planne is benadruk gegewe die benarde stand van ons ekonomie en die hoë vlakke van werkloosheid.”

Volgens Ramaphosa is daar daarom besluit dat die oorwinning van Covid-19 “ons mees drukkende verantwoordelikheid vir 2021 moet wees”.

“Dit vereis ’n intensiewe inentingsprogram, sowel as die versterking van verskeie voorkomingsmaatreëls en ons gesondheidstelsel.”

Dit sluit ook ’n toename in sifting en toetse vir die koronavirus in.

Hy het bygevoeg dat die regering met alle maatskaplike vennote moet saamwerk om hierdie “enorme taak” te kan onderneem.

Die lekgotla het ook die kritieke rol van die ANC en sy alliansievennote geïdentifiseer om ’n massiewe maatskaplike veldtog landwyd te loods. Dit is om onder meer breë aanvaarding van die enstofprogram onder Suid-Afrikaners te vestig, en om misverstande daaroor uit die weg te ruim.

Die lekgotla het ook benadruk dat alle alliansievennote gedissiplineerd, akkuraat, duidelik en uit een mond een boodskap aan die publiek daaroor moet oordra – wat op mediese en wetenskaplike feite en bewyse gegrond moet wees.

Die lekgotla het dit ook benadruk dat die regering sy beplanning vir toekomstige krisisse moet verbeter, en dat die vestiging van ’n eie program vir die vervaardiging van entstowwe oorweeg moet word.

Die lekgotla is benewens lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee ook bygewoon deur Cosatu en die SAKP, sowel as ANC-ontplooides in die regering en verteenwoordigers van die private sektor, die burgerlike samelewing en tradisionele leiers.

Die plan moet ook toegepas word op ’n manier wat die doelwitte van radikale sosio-ekonomiese transformasie najaag.

Die president het gesê daar is ook besluit dat werkskepping sentraal tot die land se ekonomiese herstelplan moet wees.

“Die bereiking van hierdie doelwitte moet dringend geïmplementeer word. Daar sal dus na ’n hoër rat oorgeskakel word om die implementering te laat geskied.

“Die plan moet ook toegepas word op ’n manier wat die doelwitte van radikale sosio-ekonomiese transformasie najaag.”

Hy het gesê daar is besluit dat ’n ekonomiese beraad sal plaasvind om die impak van die pandemie op Suid-Afrikaners te bespreek. Dié beraad moet fokus op breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging, sowel as die transformasie van eienaarskapspatrone in die ekonomie.

Daar is geen rede hoekom vroue ongelyk behandel moet word nie. Dit is inherent onregverdig en kan selfs ongrondwetlik wees. Dit moet stop.

Volgens Ramaphosa is hy veral ontstig oor ’n verslag by die lekgotla wat aandui dat vroue steeds minder as mans vir dieselfde werk betaal word.

“Daar is geen rede hoekom vroue ongelyk behandel moet word nie. Dit is inherent onregverdig en kan selfs ongrondwetlik wees. Dit moet stop.”

Die lekgotla het ook besluit dat grondhervorming bespoedig moet word om armoede, werkloosheid en ongelykheid daadwerklik te takel, terwyl die transformasie van die landbousektor, veral ten opsigte van swart boere, bevorder moet word.

Nog ’n besluit is dat ’n mengsel van kragopwekkingsmetodes oorweeg moet word, veral omdat die effektiwiteit van Suid-Afrika se ekonomiese herstel afhang van die skaal en pas waarteen nuwe elektrisiteitskapasiteit aanlyn gebring kan word.

Volgens Ramaphosa sal alle besluite van die lekgotla in ’n verslag met fyner besonderhede gekonsolideer en binnekort aan alle ANC-strukture versprei word.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Covid-19  |  Salarisse  |  Vroue  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.