Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Oos-Kaap het meeste werkloses, toon statistieke

Een uit elke twee mense in die Oos-Kaap wat wil werk, kan óf nie werk kry nie, óf het eenvoudig moed opgegee met die werksoekery.

Dit blyk uit die jongste werkloosheidskoers soos vervat in die kwartaallikse arbeidsmagopname wat Statistieke Suid-Afrika Dinsdag uitgereik is.

Hoewel die nasionale werkloosheidskoers vir die vierde kwartaal van 2019 onveranderd op 29,1% gebly het en ses uit die nege provinsies ’n afname in hul werkloosheidskoers toon, het die werkloosheidskoers in die Oos-Kaap van 36,5% tot 39,5% gestyg.

Dit beteken die Oos-Kaap het die meeste werkloses in die land.

Bobby Stevenson, DA-LPW, sê dit is geen wonder dat boorlinge van die provinsie elders werk gaan soek nie.

“Families is nie veronderstel om hul huise agter te laat om ’n bestaan te maak nie. Hulle moet die geleentheid kry om hul lewe en hul gesinne te bou in die provinsie waar hulle gebore is,” sê Stevenson.

Families is nie veronderstel om hul huise agter te laat om ’n bestaan te maak nie. Hulle moet die geleentheid kry om hul lewe en hul gesinne te bou in die provinsie waar hulle gebore is.

Die uitgebreide werkloosheidskoers het met 1,2 persentasiepunt vanaf die derde tot die vierde kwartaal verlede jaar en met 0,9 persentasiepunt jaar tot jaar gestyg.

Volgens Stevenson maak die jongste syfers dit duidelik dat die strategieë wat in die Oos-Kaap gebruik word om werkloosheid hok te slaan nie werk nie.

Hy meen die regte klimaat moet geskep word vir werkskepping as die Oos-Kaap ’n nuwe blaadjie wil omslaan.

Stevenson glo dit kan slegs gedoen word as daar ’n beleid is om beleggers aan te moedig om in die provinsie te belê en die ekonomie gediversifiseer word.

Verder moet sukkelende munisipaliteite reggeruk word sodat water en elektrisiteit verskaf kan word en infrastruktuur moet opgeknap word.

Wanadministrasie en korrupsie moet die nekslag toegedien word en misdaad moet afneem.

Verskaffers moet binne 30 dae betaal word sodat kleinsakeondernemings nie bankrot raak nie en die onderwys- en gesondheidstelsel moet funksioneer, want dit word internasionaal as middele vir ekonomiese groei beskou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.