Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Oos-Kaap kry dalk gou nuwe premier

Die inhuldiging van Oscar Mabuyane, die Oos-Kaapse ANC-voorsitter, as ’n nuwe lid van die wetgewer, het bespiegelings aangewakker dat ’n herskommeling ophande is.

Sy adjunk-voorsitter, Mlungisi Mvoko, het ook ’n lid van die wetgewer geword.

Mabuyane is op verlede jaar se onstuimige provinsiale verkiesingskonferensie tot voorsitter verkies.

Oscar Mabuyane, Oos-Kaapse ANC-voorsitter. Foto: Argief

Lulama Ngcukayitobi, ANC-sekretaris in die provinsie, sê hy vertrou dat Mabuyane en Mvoko die party se beleid sal nastreef.

Op die vraag of Mabuyane se inhuldiging beteken dat hy ’n LUR of die premier kan word, sê Ngcukayitobi Mabuyane is in ’n “toesighoudingspos” aangestel.

Ngcukayitobi het vroeër die maand Luthuli-huis besoek om Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, se goedkeuring te vra om Phumulo Masualle, Oos-Kaapse premier, te herroep.

Na wat verneem word, het topleiers van die Oos-Kaapse ANC én die ANC se topses, insluitend pres. Cyril Ramaphosa, die vergadering bygewoon. Weens die herroeping van oudpres. Jacob Zuma is die voorgestelde herroeping van Masualle vir eers teruggehou, het ’n bron aan News24 gesê.

Masualle het Vrydag die staatsrede bygewoon as lid van die Nasionale Raad van Provinsies in sy amp as premier.

Ná die uitslag van die provinsiale verkiesingskonferensie verlede jaar is die spanning tussen Mabuyane en Masualle nou groter as ooit vantevore.

Die herskommeling sal Masualle en ses van sy LUR’e in die gedrang bring. Hulle is Thandiswa Marawu, Sakhumzi Somyo, Mlibo Qoboshiyane, Nancy Sihlwayi en Phumeza Dyantyi. Hulle was deel van ’n groep wat geweier het om die provinsiale verkiesingskonferensie waarop Mabuyane tot Oos-Kaapse leier verkies is, te erken.

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Oos-Kaap  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.