Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Oos-Kaap ‘op pad na nasionale ramp’

In plaas daarvan dat die departement van samewerkende regering en tradisionele sake in die Oos-Kaap op dienslewering fokus, is dit ’n kaartehuis wat wag om inmekaar te tuimel.

Vicky Knoetze, ’n DA-lid van die Oos-Kaapse wetgewer, het Woensdag in die begrotingsdebat van dié departement gesê die kernfunksies van ’n plaaslike regering is die lewering van basiese dienste, die voorsiening van skoon drinkwater, elektrisiteit, sanitasie, skuiling, vullisverwydering en ekonomiese vooruitgang.

Vicky Knoetze

“Die departement misluk egter daarin om sukkelende munisipaliteite by te staan met die inwerkingstelling van betekenisvolle maatskaplike en ekonomiese verandering.

“Al hierdie dienste is vervat in die Grondwet en is noodsaaklike komponente van die reg tot waardigheid.

“Dit beteken dat elke poging van die regering gefokus moet wees op die verbetering van die lewe van Suid-Afrikaners.

“Terwyl ons steeds veg teen die uitdagings van werkloosheid, armoede en ongelykheid, moet die regering en alle staatsinstansies hul verantwoordelikhede nakom.

“Dit is om van Suid-Afrika ’n beter plek vir almal te maak. Maar dienslewering lê by die plaaslike regering,” het Knoetze gesê.

Vir ’n plaaslike regering om selfonderhoudend te wees moet dit belê in plaaslike infrastruktuur, inkomste genereer en ’n omgewing skep waarin plaaslike ondernemings kan groei en werk skep.

“Dit is gevolglik kommerwekkend dat 15 munisipaliteite in die Oos-Kaap misluk het en erge finansiële probleme ervaar. Die feit dat Nhlanhla Nene, minister van finansies, wil hê die Oos-Kaapse wetgewer moet hierdie 15 munisipaliteite oorneem, is ’n klad op die leierskap van dié munisipaliteite en die provinsie se naam.

“Ons het nie vir minister Nene nodig gehad om aan ons te vertel ons het ’n probleem nie, ons het geweet ons is op pad na ’n munisipale ramp.”

Die munisipaliteite met die grootste probleme met dienslewering sluit in Makana, Ngqushwa, Enoch Mgijima, Emalahleni, Intsika Yethu, Great Kei, Dr. Beyers Naude, Sakhisizwe, Walter Sisulu, Ndlambe, Komga en Inxuba Yethemba.

Die Chris Hani- en die Amatole-distriksmunisipaliteit is hierby ingesluit.

“Ons staar as ’n land enorme dienslewerings- en ontwikkelingsuitdagings in die gesig, wat slegs opgelos kan word deur ’n regering met die politieke wil om te verseker dat al sy hulpbronne in diens van Suid-Afrika se mense aangewend word,” sê Knoetze.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Dienslewering  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.