Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Oos-Kaap se fokus bly dienslewering

Die koalisieregering in Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap het Maandag die versekering gegee dat hulle verenig bly staan en dat hulle op dienslewering bly fokus.

Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap. Foto: Lulama Zenzile

Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap, sê hoewel koalisieregerings moeilik kan wees, is dit nodig omdat dit die toekoms van die land is.

“Die koalisieregering in Nelson Mandelabaai het al keer op keer sy veerkragtigheid bewys en nog altyd die mense eerste gestel. In samewerking met ons koalisievennote en ander partylede in die raad het ons daarin geslaag om die mense eerste te stel. Twee opeenvolgende begrotings wat voordelig is vir die armes, is goedgekeur,” sê Bhanga.

Hy sê ook die munisipaliteit het onlangs goeie nuus oor sy geldsake gekry met die opgradering van sy kredietstatus deur Moody’s tot Aa1, sowel as die beloning van R179 miljoen van die nasionale tesourie omdat hulle 100% van hul ontwikkelingstoelaag vir stedelike behuising gebruik het.

“Ons het dit ’n prioriteit gemaak om die chaotiese toestand van die munisipaliteit se geldsake in 2016 om te swaai en ons is trots op die vordering wat gemaak is.

Bhanga het ook melding gemaak van hoeveel geld in die begroting opsygesit is om die metro te verbeter:

* R2,2 miljard vir die gratis verskafing van sekere basiese dienste aan arm huishoudings.

* R138,5 miljoen vir die teer en herstel van paaie.

* R167,9 miljoen om elektrisiteit aan informele huishoudings te verskaf.

* R72,7 miljoen vir straatligte.

* R49 miljoen vir die opgradering of ontwikkeling van openbare ruimtes en R45 miljoen vir die verkryging van grond vir die bou van huise.

Ons maak vordering in Nelson Mandelabaai.

“Ons het van 9 046 emmertoilette ontslae geraak van die 16 317 wat ons geërf het, 2 188 HOP-huise is gebou en R615 miljoen se korrupsie en onreëlmatighede is oopgevlek.

“5 439 werkgeleenthede wat verband hou met die uitgebreide openbarewerkeprogram (EPWP) is geskep en die Shotspotter-tegnologie wat in Helenvale geïnstalleer is, blyk ook ’n groot sukses te wees. Binne 90 dae nadat dit geïnstalleer is, het die skote wat geskiet is, met 90% afgeneem,” sê Bhanga.

Hy het ook verwys na die geïntegreerde openbare vervoerstelsel se busse wat weer op die pad is en ’n bushalte wat by Cleary Park gebou is.

“Ons is vol vertroue dat wanneer daar misverstande tussen koalisievennote ontstaan, ons dit kan oplos deur die mense van die stad die middelpunt van ons besprekings te maak. Ons maak vordering in Nelson Mandelabaai.”

Meer oor:  Da  |  Nqaba Bhanga  |  Oos-Kaap  |  Dienslewering  |  Koalisieregering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.