Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Oos-Kaap verloor 309 miljoen liter water per dag

Die Oos-Kaap het die afgelope boekjaar meer as 113 miljard liter water verloor.

Dit is bekend gemaak in ’n antwoord op ’n parlementêre vraag van die VF Plus aan dr. Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake.

Luidens ’n verklaring van Wouter Wessels, VF Plus-LP en parlementêre woordvoerder vir samewerkende regering, het die vermorsing meer as 309 miljoen liter water per dag beloop.

Die Kougadam in September.

Die departement het in hul antwoord erken dat die vermorste water in die 2017-’18-boekjaar grootliks weens lekkasies was.

Uit die minister se antwoord blyk dit dat die Nelson Mandelabaai-metro die grootste sondaar is, met 48 miljard liter wat in dié tydperk verlore gegaan het.

Die Buffalostad-munisipaliteit is tweede met meer as 22 miljard liter water wat verlore is.

Gedurende die tydperk het die Nelson Mandelabaai-metro 131 miljoen liter water per dag aan lekkasies verloor.

“Konserwatief geskat, het Nelson Mandelabaai R660 miljoen se water vermors weens gebrekkige instandhouding en swak infrastruktuurbestuur,” lui Wessels se verklaring.

Die waterverliese in Nelson Mandelabaai en groot dele van die Oos-Kaap was toe dit gebuk gegaan het onder een van die ergste droogtes in dekades.

Wessels sê indien lekkasies herstel is, kon daar groot verligting vir inwoners in die droogtetydperk gewees het.

“Dit het nie gebeur nie. Inwoners van die Oos-Kaap was eerder die slagoffers van munisipale rade en ’n provinsiale en nasionale regering wat nie daartoe verbind is om noodsaaklike instandhouding te doen nie.

“Waar die VF Plus deel vorm van veelpartyregerings verbeter dienslewering.

“Die Oos-Kaap verdien ’n verantwoordbare regering wat sy hulpbronne aanwend om die provinsie en sy mense te bevoordeel en nie korrupte amptenare en politici nie.”

Intussen het die metro se gesamentlike damvlakke die afgelope week op 54,02% gestaan.

Volgens die metro se jongste statistieke lyk die damvlakke as volg:

  • Kougadam: 52,86%
  • Churchilldam: 100%
  • Impofu: 38,10%
  • Loerie: 90,65%
  • Groendal: 62,54%
Meer oor:  Nelson Mandelabaai-Metro  |  Oos-Kaap  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.