Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Oos-Kaapse premier steun sy LUR vir gesondheid

Die beleërde Oos-Kaapse LUR vir gesondheid “bied die nodige leierskap”.

Sindiswa Gomba, LUR vir gesondheid in die Oos-Kaap, Woensdag op ’n mediakonferensie in Oos-Londen waar ’n bykomende 31 voertuie aan die departement oorhandig is. Foto: Facebook, EC MEC Health

So het Oscar Mabuyane, Oos-Kaapse premier, gereageer ná die jongste beroep dat Sindiswa Gomba as LUR vir gesondheid afgedank word. Die DA is van voorneme om op die volgende virtuele sitting van die provinsiale wetgewer ’n mosie ter tafel te lê dat Gomba afgedank word, het Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap, Maandag gesê.

Volgens Bhanga benodig die provinsie goeie leierskap in die gesondheidsdepartement, koördinering, beplanning en iemand met voldoende kennis om die pandemie die hoof te bied.

Die DA was een van minstens vier groepe wat die afgelope paar weke Gomba se kop eis.

Mabuyane sê in reaksie die LUR se bevoegdheid word op grond van haar werk beoordeel. Hy meen die saak moenie emosioneel of persoonlik hanteer word nie.

“Sy is relatief oukei om die nodige leierskap te bied in die sektor waarin sy is. Sy is minder as ’n jaar (in haar amp), soos baie van ons in die sesde administrasie, en ons word deur die koronavirus getoets.”

Die Oos-Kaap doen daagliks verslag aan die nasionale departement en het volgens Mabuyane nog geen klagtes ontvang dat hulle nie in die pas met die nasionale vereistes of “traag” is nie, soos waarvan sommige hulle beskuldig nie.

“Ek glo nie (die saak) moet persoonlik raak nie. Sy is ’n leier in die sektor en ons moet vertroue hê.”

Meer as 20 600 toetse is in die provinsie gedoen en 379 mense het van die virus herstel.

Gomba het Woensdag ’n mediakonferensie in Oos-Londen behartig, waartydens 31 bykomende voertuie aan die departement oorhandig is vir die stryd teen die virus, en gesê sy neem kennis van die kritiek teen haar en die departement.

“Ons verwelkom opbouende kritiek. Ons is nie kenners oor hoe om die virus te beveg nie – nes die res van die wêreld – en ons sal weer foute maak, maar ons is toegewyd om doeltreffende dienste te lewer wat die stryd teen die virus sal wen.”

Volgens haar het die getal mense wat teen Dinsdag in die Oos-Kaap positief vir die virus getoets het, op 838 gestaan en die dodetal weens die virus op 18.

Meer as 20 600 toetse is in die provinsie gedoen en 379 mense het van die virus herstel.

Gomba het Woensdag gesê terwyl die provinsie gereed maak vir ’n toename in positiewe gevalle, raak die rustyd vir medici en verpleegsters minder. “Ons wil nie hê hulle moet uitbrand nie, alle hande word benodig. Ons is proaktief en maak eerder gereed vir die ergste, as om onvoorbereid te wees.”

In ’n poging om ’n groter kapasiteit op te bou, het Gomba Woensdag ’n beroep gedoen op werklose en gemeenskapdiensdokters wat by die stryd teen die virus betrokke wil raak, om die departement te kontak by callcentre@echealth.gov.za.

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Oos-Kaap  |  Koronavirus  |  Premier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.