Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Opod maak reg om voor Zondo-kommissie te getuig

Robert McBride, uitvoerende hoof van die Onafhanklike Klagtedirektoraat (Opod), het bevestig dat die instelling voor die Zondo-kommissie van ondersoek gaan getuig.

Robert McBride, hoof van Opod. Foto: Argief

Hy het Woensdag dié opmerking gemaak voor die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, waar hy en ander lede van die Opod-topbestuur ’n voorlegging oor hoëprofielsake gelewer het.

Hy het gesê Opod is besig met voorbereidings om voorleggings voor die kommissie oor staatskaping te maak. “Ons was een van die eerste slagoffers van staatskaping en was ook die eerste departement wat dit teengestaan en daaroor uitgepraat het,” het hy gesê.

Wat hul voorleggings “maklik” maak, volgens McBride, is die feit dat Opod getuienis het in die vorm van sake of gevallestudies om sy voorleggings te steun. Dit sluit siviele gedinge en die uitkomste daarvan, asook strafregtelike sake “insluitend viktimisering, vals aanklagte en vervolgings en die najaag van vals aanklagte teen staatsagente soos onsself en nie-staats rolspelers” in.

Ingevolge Opod se mandaat sal die instelling se voorlegging fokus op die Valke, sowel as die polisie – veral in die tyd toe Nathi Nhleko, voormalige minister van polisie, lt.genl. Berning Ntlemeza, voormalige Valke-hoof en genl. Khomotso Phahlane, voormalige nasionale polisiekommissaris, in beheer was.

“Ons het nie ’n mandaat oor die nasionale vervolgingsgesag nie – hulle het ’n aansienlike rol in die wegkalwe van die teenkorrupsie-eenheid, insluitend Opod, gespeel,” het hy gesê.

Ons het nie ’n mandaat oor die nasionale vervolgingsgesag nie – hulle het ’n aansienlike rol in die wegkalwe van die teenkorrupsie-eenheid, insluitend Opod, gespeel.

Onder die hoëprofielsake wat Opod ondersoek, tel die beweerde korrupte verhouding tussen Phahlane en die diensverskaffers Crimetech en Kriminalistik, waarby ’n bedrag van R96 miljoen glo betrokke is. Phahlane se beweerde korrupte met die diensverskaffer FDA word ook ondersoek. Na raming is R5 miljard betrokke.

Opod ondersoek ook twee afsonderlike sake van beweerde korrupte verhoudinge tussen lede van misdaadintelligensie en die diensverskaffer Brainwave, wat as I-view Integrated Systems sake doen, waarby onderskeidelik ’n geraamde R54 miljoen sowel as R45 miljoen betrokke is.

Die beweerde korrupte verhouding tussen kapt. Morris “KGB” Tshabalala, maj.genl. Obed Nemutanzhela en ’n diensverskaffer aan die misdaadintelligensie waarby R563 000 betrokke is, is ook onder die loep.

Meer oor:  Opod  |  Zondo-Kommissie  |  Robert Mcbride  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.